FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    vlieg hoog

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    vlieg hoog Empty vlieg hoog

    Post by anderkant Thu 15 Sep 2011, 4:26 pm

    kom sit hier by my,
    kleine kleine kindjie,
    klim en klouter
    tot bo op my skootjie,

    vandag wil ek vir jou vertel
    die son is blou
    en die hemel is pienk ;
    as dit die kleure is waarvan jy hou.

    knyp jou ogies styf-styf toe
    en droom die allermooiste drome,
    dans saam met die feetjies
    en klouter kaalvoet tot hoog in die bome.

    jy, kleine kleine kindjie,
    mág droom en glo,
    want jy, kleine kleine kindjie,
    is 'n geskenk van bo.

    © (2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved
    avatar
    Guest
    Guest


    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by Guest Thu 15 Sep 2011, 4:51 pm

    kan ons nie maar elke klein brose siel so grootmaak,... dromers en denkers van hul maak?
    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 6:53 pm

    Die vers is so so mooi - ek hou baie hiervan! ...die spreek so half-half van die innocence en opregtheid van kinders...wat glo alles wat jy hulle vertel. Soos altyd uitstekend Rudi!
    girllivinginherdreams
    girllivinginherdreams


    Location | Ligging : Swakopmund Namibia
    Posts | Bydraes : 76
    Points | Punte : 106
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 43

    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by girllivinginherdreams Fri 16 Sep 2011, 2:32 am

    Ek glo daar is twEe kinders wat baie gelukig is dat hulle n papa soos jy het. Dankie vir jou
    Bystaan. Smile
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by AmmieMoon Fri 16 Sep 2011, 12:26 pm

    Ai Rudi, hierdie is so so mooi en met soveel deernis geskryf (ek kan dit voel)....Ek wil my 2 wippies ook altyd in 'n feetjietuin hou, maar hulle word so gou groot....Jou vers het my aan een laat dink wat ek sowat 18 maand gelede geskryf het vir my wippies, dit nadat ek hulle slapende onskuld staan en aanskou het een aand met slapenstyd : Like a Star @ heaven

    My wippies se droomland versie

    Huppel trippel liggies
    oor wolke drome sag
    speel met Klaas Vakie
    in die middel van die nag
    .
    Vang vuurvliegies met ster-stertjies
    sit hul in 'n fles,
    loer na klein baba voëltjies
    in die nagtegaal se nes.

    Dans saam met feetjies
    in die volmaan se kring,
    drink suikersoet nektar
    wat bytjies vir jul bring.

    Speel met kabouters
    langs die silwer waterstroom
    waar mooi jonge meisies
    heeldag sit en droom.

    Vlieg saam met vlinders
    tussen roos in volle blom
    en voor jul weet is dit oggend
    die donker nag reeds om.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by anderkant Fri 16 Sep 2011, 1:43 pm

    Dankie aan ALMAL vir julle gawe kommentaar. My kinders is my lewe - dankie vir julle deelname hier.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by Enid Fri 16 Sep 2011, 2:06 pm

    jip dit is dierbaar ; ) net soos hulle is

    Sponsored content


    vlieg hoog Empty Re: vlieg hoog

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 4:41 pm