FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Rudi Coetzer
Claira Summers
6 posters

    Die Vlieg in my Rooiwyn

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Mon 24 Oct 2011, 12:43 am


    Rooi strepe in die wasbak
    vlieg in die afvoerpyp, niks vermoed
    dis bederf - heerlike rooiwyn
    wat heerlik soet was in my gemoed

    die rooi kolk weg in die gate
    verdomde vlieg agterna
    wat bly oor op die afgrond
    gekraakte ek wat aanhou vra

    drome swemel saam in die rooiwyn
    ons kyk hoe dit afspoel, dit raak weg
    in die verganklike duister
    maar ek bly nie vir ewig n kneg

    dit was vir my bedoel
    die onthou van lank gelede
    hy kry sy lang vingers om my siel
    en stop my op met die verlede

    die rooi ronde kring het agtergebly
    drome is nou weer stil
    net n gebreekte siel bly hier staan
    voel verpletter, vertrap, verkul

    gaan hy vatplek kry binne krake in my
    gaan hy hier oornag, of vir ewig bly
    sien ek hom in my drome,sommer gou
    of sal hy dit n donker geheim kan hou



    Last edited by Claira Summers on Mon 24 Oct 2011, 11:58 pm; edited 1 time in total
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 11:52 pm

    net iets om op te let:
    pasop wanneer jy jou gedig paste,om die titel te herhaal...
    smile.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 12:06 am

    Sal let op dit - Dankie Rudi
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 1:38 pm

    Ek het so baie in my manuskrip vir die digbundel - ek copy en paste gereeld, Smile
    avatar
    Guest
    Guest


    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Guest Tue 25 Oct 2011, 2:57 pm

    Claire hierdie gedig die ewige skadu van gister wat oor jou brose siel hang in hierdie vers,.. jy verbeeld dit so perfek ek staan stil en lees weer en weer!!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 3:06 pm

    Baie baie dankie Ronel!! Beteken vir my baie.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Louisa van Vliet Sat 05 Nov 2011, 10:44 pm

    Ja dit is 'n pragtige gedig, om drome uit te beeld nie maklik, maar hierdie is baie goed uitgebeeld hoor.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Sat 05 Nov 2011, 11:27 pm

    Baie dankie jy. Waardeer die lees
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 12:28 pm

    Liewe Claira,

    n Ding wat my help om my werk n bietjie meer uitdagend te maak is om alle onnodige en oorbodige woorde uit die werk te laat. Die gebruik van ek en jy maak dat die vers eerder n storie is vir my as n n gedig waarmee die leser moet meet en pas om agter die eintlike betekenis en inhoud van die vers uit te kom. Die "ou hande" het my so geleer en ek vind dat dit my werk verryk.

    Kyk volgende keer of jy ook jou werk n bietjie abstrak kan maak sonder om die lyn en betekenis te verloor. Jou beelde en beeldspraak is baie goed,uitstekend, ek sou net dit meer verdiep het in my nederige opinie. Dit weet ek is lag lag binne jou vermoe.

    SWERWER
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Mon 07 Nov 2011, 2:13 pm

    Dis waar mens se soms meer met minder woorde, dis net soms vir my moeilik wat daar is so baie woorde wat wil uit!! Sal defnitief probeer, Lees my weergawe van Flenters, amper daar reggekry Very Happy
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Mon 07 Nov 2011, 2:14 pm

    Julle is sulke goeie leermeesters vir n beginner soos ek. Verbasend hoe lekker dit is om die goed te kan ter harte neem.
    Louisa
    Louisa


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 4
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-07
    Age | Ouderdom : 64

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Louisa Mon 07 Nov 2011, 2:48 pm

    Nig, ja jy is soos ek, Ek het ook baie woorde en wil alles verwoord, maar soos jy kan sien met my Diepe man met ambisie en deernis, het ek so baie om te se, jy weet hoekom, maar het alles verkort maar so was alles saamgevat in 'n kort gedig. Maar jou goedjies is vir my absoluut baie mooi, maar ek leer ook nou maar so saam met julle en is ek baie opgewonde daaroor.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Torm Tue 08 Nov 2011, 1:28 am

    Hmmm daar's 'n vlieg in elkeen se rooiwyn...
    Toemaar ek moet ook kort-kort die titel weer uit die gedig uit edit.
    Dankie vir jou besoek aan my see-gedigte.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 08 Nov 2011, 1:59 am

    Sommer n plesier Torm, jou verse is baie mooi en ek lief die see twee vlie - met een klap> Very Happy
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Rudi Coetzer Tue 08 Nov 2011, 2:39 am

    die ek en my werk perfek in die gedig.
    hou dit so.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 08 Nov 2011, 2:44 am

    Dankie Rudi ~

    Sponsored content


    Die Vlieg in my Rooiwyn Empty Re: Die Vlieg in my Rooiwyn

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 7:10 pm