FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    In die voetspore van Afrikaans - Wat is in 'n taal ?

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    In die voetspore van Afrikaans - Wat is in 'n taal ? Empty In die voetspore van Afrikaans - Wat is in 'n taal ?

    Post by AmmieMoon Thu 15 Sep 2011, 11:34 pm


    Wat is in 'n taal ?

    'n spinneweb van letters wat in dou mosaiek
    my naam verewig in argiewe van my geboortegrond,
    selektief, die broos dialek van my voorvaders klad
    teen die verhemelte van my reënboog nasie

    Wat is in 'n taal ?

    wat my voetspore verewig vir my telge
    om te volg, my tongval kloon in die
    sputter spetter spoegsels van my
    Maria-dialek,
    wat met maagdelike trots my gedra het,
    my gebaar het in die gloed van aga-stowe
    in plaaskombuise van hierdie donker kontinent

    Wat is in 'n taal ?

    wat my passaat verleen het waar twee oseane
    ontmoet, gewortel het aan die voete van 'n berg -
    saad geskiet het in die vrug-aarde-vallei
    van godespys en nagmaalwyn,
    my klein klein gesoog het aan 'n soetmelk boesem
    waar die suiderkruis kaats oor Afrika

    Wat is in 'n taal ?

    wat my definieer van die res,
    my silhoeëtte ets teen kliprante
    blouselblou berge
    wingerde en groen koringlande
    tussen fynbos geur en proteahange van Paarlberg

    Dit is 'n taal
    Dit is my taal
    Afrikaans


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 03 May 2024, 1:45 am