FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek dog ek sê maar net!

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek dog ek sê maar net! Empty Ek dog ek sê maar net!

    Post by BennyB Sat 17 Sep 2011, 11:41 pm


    Die lug lê weer blou in my onthou vanmore
    my gedagtes roller coaster
    oor elke rooi sanduin
    ...waar my binneste rebeleer
    protesteerend vra
    hoekom?

    Duisend stukkies lê gebede
    onder laag op laag seer,
    op dowe skulp
    wat geen ego dra.
    Ek wonder maar net
    of antwoorde my beskore is…

    Ek wonder maar net!

    Ek breek noukeurig met altwee hande
    fortune cookie
    want ek wil nie miskien steur nie
    want ek’s seker , nee ek weet
    ek het nou genoeg gehad
    van die blues

    Ek sê maar net!

    Ek staan met my hart in die sterre
    drome gevleg in die ‘milky way’
    as my eenhand voel-voel my nou se verlange
    die ander hou styf aan gister se onthou
    is ek dan bang ek vergeet?

    Ek wonder maar net!

    Koud sweet trek my lyf inmekaar
    as my hart se skarlaken rooi
    kol kol plek maak
    vir die swart se stil, se kalmte
    die laaste flikker vlam
    van my kers se dood

    beelde flits ‘n laaste keer
    as dit wat was
    in stof en as
    ‘n laaste keer
    deur ‘n stom alleen wind
    ‘n lee gister verwaai

    Ek wonder nie meer…

    Ek dog ek sê maar net!

    BennyB
    © 17/07/2011 Barend Booysen



      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 10:03 am