Ek wou jou wys
jou vertel
die storie van die kettie in my gat sak
saam jou kleilat speel
jou eerste rugby game
breëbors van die kantlyn skree
As jy ‘n meisie was
sou jy my klein prinsessie wees
‘n poppekas vir jou maak
met deurtjies en liggies
ek sou jou ballet toe vat
‘n duisend kiekies van jou neem
As dit maar kon
sou jy my lewe wees
vir jou sou ek gee
‘n duisend maal die liefde wat jou kinderhart begeer
in my sal jy my droomkind
altyd my hartsbegeerte wees.
BennyB
© 21/09/2010 Barend Booysen
jou vertel
die storie van die kettie in my gat sak
saam jou kleilat speel
jou eerste rugby game
breëbors van die kantlyn skree
As jy ‘n meisie was
sou jy my klein prinsessie wees
‘n poppekas vir jou maak
met deurtjies en liggies
ek sou jou ballet toe vat
‘n duisend kiekies van jou neem
As dit maar kon
sou jy my lewe wees
vir jou sou ek gee
‘n duisend maal die liefde wat jou kinderhart begeer
in my sal jy my droomkind
altyd my hartsbegeerte wees.
BennyB
© 21/09/2010 Barend Booysen