Vurig brand my liefde se verlang
na die kontoere van jou
sagte lyf waarin ek kon verdwaal
jou bekoorlikheid soos wit sterre
wat in donker nagte aan die
hemelstrans soos trossies druiwe
vol aanloklike ryp liefde hang,
waar ek korrel vir korrel pluk
en die soetheid van jou op
my dorstige lippe proe.
Bedwelmend soms blind het ek
my deur jou engellyf laat verlei
saam met jou onder die glans
van die maan in die kring van
jou twee warm sekelarms
soos n soutpilaar gestaan,
totdat hemeldou in my oë
kom lê as jou liefde deur
my skiet soos 'n verskietende
ster en ek net in stilte wens...
Twee vlamme wat in
donker nagte omhels
inmekaar vleg tot een
deur hul hitte verteer
weggevoer tot anderkant
gister se ver verby,
rookasems in warmgloed
liefde tot die hemel laat styg
daar tussen die sterre verdwaal
en as verskietende sterre
na die werklikheid terugkeer
bang om hierdie oomblik
te gou te verloor.
Wat het dan tussen gister
en vadag se liefde kom lê
waar dit nou pyn en snydend
deur my eensame lyf skiet
soos daardie verskietende
liefdesster waar ek nog kon wens?
Is dit twyfel deur jou in die akkers
van my liefde en omgee gesaai,
dorings van vernedering wat
welig saam met jou liefdeloosheid
soos 'n giftige ranker my lyf
en lewe verstikkend toerank...
is dit dalk jy?
Vertwyfeling het soos n twee
snydende swaard my hart
in twee vernederende dele
flenters kom sny
selfsug en haat het my oë
seerkry modderpoele
van selfkastyding laat word,
hoe lank nog sal ek my vrede
laat steel sonder dat ek keer
waaragtig ek is mens en kry
net soos jy ook seer.
Tussen liefde en haat
het ek jou raakgeloop
een wat lewensvreuge
sommer vir plesier stroop
die glans van die maan met
jou bitterheid donker maak,
die trossies sterre aan
die blink hemel steel
bitterheid op my droeë
stom woord lippe kom lê
een wat nie weet hoe om
werlik die opregte woord
liefde hardop te sê.
na die kontoere van jou
sagte lyf waarin ek kon verdwaal
jou bekoorlikheid soos wit sterre
wat in donker nagte aan die
hemelstrans soos trossies druiwe
vol aanloklike ryp liefde hang,
waar ek korrel vir korrel pluk
en die soetheid van jou op
my dorstige lippe proe.
Bedwelmend soms blind het ek
my deur jou engellyf laat verlei
saam met jou onder die glans
van die maan in die kring van
jou twee warm sekelarms
soos n soutpilaar gestaan,
totdat hemeldou in my oë
kom lê as jou liefde deur
my skiet soos 'n verskietende
ster en ek net in stilte wens...
Twee vlamme wat in
donker nagte omhels
inmekaar vleg tot een
deur hul hitte verteer
weggevoer tot anderkant
gister se ver verby,
rookasems in warmgloed
liefde tot die hemel laat styg
daar tussen die sterre verdwaal
en as verskietende sterre
na die werklikheid terugkeer
bang om hierdie oomblik
te gou te verloor.
Wat het dan tussen gister
en vadag se liefde kom lê
waar dit nou pyn en snydend
deur my eensame lyf skiet
soos daardie verskietende
liefdesster waar ek nog kon wens?
Is dit twyfel deur jou in die akkers
van my liefde en omgee gesaai,
dorings van vernedering wat
welig saam met jou liefdeloosheid
soos 'n giftige ranker my lyf
en lewe verstikkend toerank...
is dit dalk jy?
Vertwyfeling het soos n twee
snydende swaard my hart
in twee vernederende dele
flenters kom sny
selfsug en haat het my oë
seerkry modderpoele
van selfkastyding laat word,
hoe lank nog sal ek my vrede
laat steel sonder dat ek keer
waaragtig ek is mens en kry
net soos jy ook seer.
Tussen liefde en haat
het ek jou raakgeloop
een wat lewensvreuge
sommer vir plesier stroop
die glans van die maan met
jou bitterheid donker maak,
die trossies sterre aan
die blink hemel steel
bitterheid op my droeë
stom woord lippe kom lê
een wat nie weet hoe om
werlik die opregte woord
liefde hardop te sê.