Begin die Son stadig in die weste daal,
En heuwels se skadus oor die bome val
Vlies wolke deur die laaste strale weg gebrand
Pers rooi oor die buite rand
Sak die swaar van lyf en gemoed.
Tot waar ek jou in my gedagtes weer ontmoet.
Die jongspan wat die skape dryf,
Voel ek die naderende winter aan my lyf.
Met die hoop in my, dat slaap my oorval.
Sal verlos van die gedagtes, die drome, die hel.
Brand my hart nog elke dag, ‘n kool vuur!
Na al die jare. Nogsteeds so moeilik om te verduur!
Het die bom oor ons koppe gebars,
Ek hoor nog stewels op die klippe knars.
Vandag net ‘n stille seer,
‘n Hart wat aanhou, nooit ophou treur.
Die opstal word in skemer gehul.
Sit ons lampe om die lig te vul.
Saans as die kalwers huistoe kom,
En die skape om die voerkrip drom.
Sien ek die perde op die horison dof,
Laatmiddag op die grondpad, ‘n bietjie stof
Jou kitaar, as ek die mondfluitjie op my lippe sit
Op die stoof die laaste kooksel koffie prut.
Gaan haal gou nog ‘n laaste bietjie hout,
Om vuur te maak teen die nag se koud.
Sal die herfsblaar ‘n rusplek kry,
Wonder ek waarlangs gaan jy verby.
Sal ek weer die pad terug kan vind?
Soekend, diep binne my – die kind.
Manie Jackson