FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Toe , daardie laatmiddag reën dit

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Toe , daardie laatmiddag  reën dit  Empty Toe , daardie laatmiddag reën dit

    Post by Rudi Coetzer Mon 03 Oct 2011, 2:03 am

    Jy lag
    die geel in my oop
    tap die swart-sweersel
    uit die rooi
    van my bloed

    jou bestaan
    kwas kleur-lustig
    speels en spontaan
    die swart-doek
    van my hart
    na ñ herkenbare lente-seisoen.

    Elke keer
    wat ek jou sien
    skil jy die blind
    uit my oë
    en donkerbril my dan
    met jou omgee
    en liefde
    teen die skerp lig
    van die wêreld
    daar buite .

    Jou stem
    byl ñ pad oop
    deur die ruig-bosse
    van my hart
    wat uitheems
    toegegroei het .

    In die laatmiddag
    van ñ lewe vermors
    ploeg jy
    deur my dor aardkors
    delf jy
    totdat jy die vrugbare aarde
    van my dooie siel ontbloot
    en plant jy
    ñ oes vol van hoop .


    ( 17/07/2011 16h30 )

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 2:45 am