FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Daardie nag (2)

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Daardie nag (2) Empty Daardie nag (2)

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:16 pm

    goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou
    hoe nou gemaak om 'n nag uit my hart te wis want
    nouse nagte is dit altyd dag oral om my dag hele dag
    en nagtyd dag maar hier binne hier diep binne my bly
    dit nag 'n eindelose nag en al wat ek nou raaksien is
    bloedbelope kerse maar hulle is waksvoet gesmelt oor
    daardie nag se tafelblad en die wierook se as grys alte
    fyn in 'n urn van glas en musiek wonderskone musiek
    hang nou soos ouvrou hare iewers tussen blare in 'n
    ruimte tussen hemel en aarde in 'n eindelose nag in
    my god weet altyd binne my in 'n nag wat nooit as te
    nimmer einde kry want ek en jy was bymekaar en jy
    was oral daar en nou maande later wonder ek deur
    goue newels van paljas hoe wis ek 'n eindelose nag





    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 10:01 pm