As ek my hoof op jou bors neerlê
is dit slegs jou hartklop
wat met my praat,
wat in eenvoudige reëlmaat sê
dat jy my sagte voeteval in jou hart toelaat.
Jou weerlose broos brok onder my eteries vat,
krummel wandelpaadjies na wat ek jou bied.
As ek jou ritmiese pols
in die kelders van my lyf inlaat,
gee ek alles binne my
tot jou twyfel en seer
verdwyn in niet.
Besef jy dan nie
dis jy wat my haak
aan jou borswering se beskutte vleuels,
maar dit maak nie maak nie saak
die verlede, die hede of die nag,
saam skryf ons harte nuwe reëls.
Solank as wat jy my lief het, my vertrou,
wil ek styf teen jou bors
jou hart in my hande hou.
Wil ek jou verseker dat jy die reg het
om die verskuilde smagting in my oë te wees,
wil ek jou leer
om die morsekode van my hart te lees.
© 2010 Almarie Truter