FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Koos Deur die Voorruit + *

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Koos Deur die Voorruit  +  * Empty Koos Deur die Voorruit + *

    Post by Rudi Coetzer Fri 07 Oct 2011, 1:16 pm

    Drie dooie donkies
    lê dikpens
    langs die pad
    en Koos Deur die Voorruit
    lê stukkend
    tussen hulle en bloei .

    Koos Deur die Voorruit
    se linkeroog hang
    op sy wang
    en hy
    is vol skrape
    en snye
    en glasskerwe
    ( een het sy
    regteroog deurboor ) .

    Koos Deur die Voorruit
    het kop verloor –

    hy streel liefdevol
    oor die middelste
    dooie donkie
    se opblaaspens

    wieg vorentoe
    wieg agtertoe

    sê oor en oor sag :
    ˝ Toemaar mamma
    Alles gaan okay wees .˝

    Koos Deur die Voorruit
    se dooie vrou
    lê platmaag-oopgeskeur
    onder dikpens-donkie
    nommer drie
    en kraaie
    pik pik
    ñ entjie verder weg
    aan die fetus
    van Koos Deur die Voorruit
    se ongebore eersteling .


    ( + Komkol 06/10/2011 00h14
    * Arive Alive . DRA jou veiligheidsgordel….)

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 4:54 am