FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Weet jy wat ek dink jy is

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Weet jy wat ek dink jy is Empty Weet jy wat ek dink jy is

    Post by Claira Summers Mon 10 Oct 2011, 8:00 pm

    WEET JY WAT EK DINK JY IS


    Weet jy dan nie jy is my lewe,
    weet jy dat ek binne jou bly
    Kan jy nie voel die warm liefde,
    en wat jy als beteken vir my

    Jy is by my
    om my en in my
    Elke oomblik
    van elke dag
    elke stille stonde
    in die donker nag

    Weet jy dat ek vir jou leef
    weet jy wat dit aan my hart doen
    Kan jy voel dat ek by jou spook
    en dat ons mekaar versoen

    Jy is die bron van lief en lewe
    die krag en spul waarom ek draai
    my stryd en sterkte en ommeswaai

    Weet jy hoe ek van jou droom
    en in elke plan jou siel
    Kan jy voel dat in elke tree
    jou spore my in volg bedien

    Jy is die lied van my stil refrein
    Die storie van my lewensboek
    die feetjie einde waarna ek soek

    Weet jy wat ek dink jy is
    my lief en lewe my hart se rus
    die stil gesang
    wat my saggies sus

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 11:19 am