Deur verlang se roes
lê drome wyd versprei,
net 'n polsing tussen jou en my,
'n suidooster ruk en pluk
en iewers in ons niks en nêrens
dans 'n satyn sag nag
oor die koeltes van jou lyf
jou skadu luier vannag
teen die rooi van my jaende pols,
deur stege van my wildste drome
iewers weet ek, dans jou hart
onder 'n wit glinster maan
asook in my melkweg se verlang
as jy jou oë sou toemaak
en vir 'n oomblik net laat los
sal jy voel
hoe my arms om jou vou
sal jy weet
ek is daar
net vir jou.
BennyB
© 13/10/2011 Barend Booysen
lê drome wyd versprei,
net 'n polsing tussen jou en my,
'n suidooster ruk en pluk
en iewers in ons niks en nêrens
dans 'n satyn sag nag
oor die koeltes van jou lyf
jou skadu luier vannag
teen die rooi van my jaende pols,
deur stege van my wildste drome
iewers weet ek, dans jou hart
onder 'n wit glinster maan
asook in my melkweg se verlang
as jy jou oë sou toemaak
en vir 'n oomblik net laat los
sal jy voel
hoe my arms om jou vou
sal jy weet
ek is daar
net vir jou.
BennyB
© 13/10/2011 Barend Booysen