Ek sien jou met my ore
en hoor jou met my oë
ek ruik jou met my lippe
en proe jou met my neus
ek voel jou met my gees
se hande en vingers en vel .
Versigtig bly ek
op die voetpaadjies
van jou gisters
( uit die verlepte tuine
van jou seer ) -
jou tuin spit ek om
en trek die bossies uit
want ek weet
met groenvingers en geduld
sal dit gou-gou weer blom .
Op jou siel se grasperke
strooi ek liefdeskunsmis
en tweekeer op ñ dag
sprinkler ek water van verstaan
want ek weet
ñ sielstuin soos joune
kan ek net nooit nie
laat vergaan
( 29/08/2008 12h52 )
en hoor jou met my oë
ek ruik jou met my lippe
en proe jou met my neus
ek voel jou met my gees
se hande en vingers en vel .
Versigtig bly ek
op die voetpaadjies
van jou gisters
( uit die verlepte tuine
van jou seer ) -
jou tuin spit ek om
en trek die bossies uit
want ek weet
met groenvingers en geduld
sal dit gou-gou weer blom .
Op jou siel se grasperke
strooi ek liefdeskunsmis
en tweekeer op ñ dag
sprinkler ek water van verstaan
want ek weet
ñ sielstuin soos joune
kan ek net nooit nie
laat vergaan
( 29/08/2008 12h52 )