Flenter-foto’s
skerf
deur my gedagtes
kerf
ou scars weer oop
en soos bloed
teen my lyf afloop
snel my onthou
terug na jou.
Die merke brand
slote tot waar jy lag in die plas
by my voete
wat niemand sien nie,
wat niemand ruik nie.
Ek wonder waar lê jou siel
as die maan skree
in die donker nag wat wag
vir sonstrale en gehore
vol toorwoorde
en dooie angs
as ek bly bloei met die dood in my arms
wat jy sus
met flenter-foto's
geraam in my hart
wat bid in my en deur my
tot ek jou weer eendag sien
blink vol van sterre en liefde
in my gedagtes vol smart
terwyl my hande gekerf vashou
aan my drome saam jou.
skerf
deur my gedagtes
kerf
ou scars weer oop
en soos bloed
teen my lyf afloop
snel my onthou
terug na jou.
Die merke brand
slote tot waar jy lag in die plas
by my voete
wat niemand sien nie,
wat niemand ruik nie.
Ek wonder waar lê jou siel
as die maan skree
in die donker nag wat wag
vir sonstrale en gehore
vol toorwoorde
en dooie angs
as ek bly bloei met die dood in my arms
wat jy sus
met flenter-foto's
geraam in my hart
wat bid in my en deur my
tot ek jou weer eendag sien
blink vol van sterre en liefde
in my gedagtes vol smart
terwyl my hande gekerf vashou
aan my drome saam jou.