FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die onvoltooide gedig ( 16 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die onvoltooide gedig ( 16 )   Empty Die onvoltooide gedig ( 16 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 15 Nov 2011, 12:48 pm

    In die ver-verskiet
    van my lewe
    se lank-vergete lied
    lê woorde
    van hoop
    lê woorde
    van wat moes wees
    lê woorde
    lank reeds vergete
    maar die deuntjie
    wat deesdae
    in my hart ronddwaal
    hom so in my kop herhaal
    klink somehow
    tog so vreemd
    klink somehow
    tog so bekend
    en dit voel
    asof daar hoop
    in daardie woorde
    behoort te wees
    asof daar vreugde
    in daardie woorde
    behoort te wees
    asof daar lewe
    in daardie woorde
    behoort te wees
    en hoe meer ek
    vir jou kyk
    en hoe meer ek
    myself toelaat
    om vir jou te voel
    en hoe meer ek
    my gevoelens
    vir jou laat blyk
    des te meer
    weet ek
    des te meer
    glo ek
    in die ver-verskiet
    van my lewe
    se lank-vergete lied
    lê woorde
    van hoop
    lê woorde
    van wat kan wees
    lê woorde
    van liefde
    en van happy endings .

    Woorde wat ek besig is
    om weer te vind .

    ( 04/05/2011 14h45 )

      Current date/time is Tue 14 May 2024, 4:44 am