Vir die kaalvoet-dae toe Pa se sterk arms
my uit die dorings optel.
En Ma die een traan na die ander afvee
met die tere aanraking van haar sagte vel.
Hoe verwoord mens gevoelens…
Vir die kere wat Pa en Ma diep gedelf het
vir klere en dinge wat ‘n jonge hart begeer.
As ek net toe reeds kon besef
die waarde was eintlik soveel meer.
Waar kry ‘n mens die woorde…
As ek dink aan al die liefde
wat so sonder skroom altyd om my is.
Hande wat deur dag en nag daar is om my te vang
en arms beskermend om my wat wreedheid uitwis.
Hoe betoon mens ware, voldoende eerbied…
Vir die lang ure in donker gange
met ontploffings om Pa heen.
Die middernagtelike opstaan
om ‘n sieklike kind te ondersteun.
Hoe sê mens dankie…