FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    n Beperkte hart

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    n Beperkte hart Empty n Beperkte hart

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:32 pm

    Op n voetpad loop ek saam met geluide van n winterbries se idees
    Waar jy van my droe gedagtes op die kleur van n rooi blaar kan lees
    En sou ek uitreik na die ander kant wonder ek of daar n liefde vir my sal skyn
    Terwyl die daglig van my waarheid deur jou hart se vensters verdwyn

    Nou staan ek hier op die pad met ou woorde op my voorstoep
    En ek dwaal af in die verte terwyl my stem saam met die bokmakieries roep
    Sou jou glimlag nog net een keer op die berge te siene kon wees
    Het ek grashalmpies gaan pluk en my verlange uitgespel vir jou om te lees

    Maar hier op my voetpad is dit ek en windverwaaide blare
    En ek verlang onophoudelik na jou waar ek hier wegkruip in gesteelde jare


      Current date/time is Tue 14 May 2024, 11:22 am