een skoot -
een patroon, een tarentaal, een skoot
Jy is my held
ek lê aan tussen bossies in 'n winterdun veld
ek verstaan van manna en lewensbrood
maar hoe voel die dood, pa ?
een skoot -
een patroon, een tarentaal, een skoot
ek word in die kruis van jou visier groot
ek is jou trots, ek is vol mannemoed
maar ek stik aan vere en bloed
hoe groot is groot, pa ?
een skoot -
een patroon, een tarentaal, een skoot
nooit word kruit verkwis
ek ken die teiken, skiet nooit mis
ek is die swel wat jou bors laat rys
maar wie gaan my die rede wys, pa ?
een skoot -
een patroon, een vrou, een glashout hart
sy hang aan 'n kobaltblou lint
met grein wat teen my lippe splint
waar moet ek die roer neersit
my hart is nou wit, pa.
© 2012 Almarie Truter