Verbode die denke wat uit my uitspruit
as ek dieper en weier die donker omsluit
my eie en grootste onpartydig : kritiek
vergeet en verdelg deur menslike etiek
as depressie die lewe se lag uit wil smoor
en my gedagtes, my denke en menswees vermoor
Verbode die denke wat my siel oorval
as ek kwesbaar en leeg in die verganklikheid dwaal
my kerslig gesmoor deur die beker onthou
vergete die lewe van my kindsbeen, verflou
die siekte van baie het my siel nou deurdrenk
my lewe maak plek vir die dood as geskenk
Verbode gedagte: om myself weg te vat
uit die lied lank verlore, uit die lewe se pad
dit is sonde! Net vir Hom om te kies
nie vir elkeen van ons, dis ʼn lewens verlies
verganklik, menslik en onbevlek
my denke se slaaf, Depressie se gek.