FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Depressie

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Depressie Empty Depressie

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 12:09 am

    DEPRESSIE

    Verbode die denke wat uit my uitspruit
    As ek dieper en weier die donker omsluit
    My eie en grootste onpartydig : kritiek
    Vergeet en verdelg deur menslike etiek
    As depressie die lewe se lag uit wil smoor
    En my gedagtes, my denke en menswees vermoor

    Verbode die denke wat my siel oorval
    As ek kwesbaar en leeg in die verganklikheid dwaal
    My kerslig gesmoor deur die beker onthou
    Vergete die lewe van my kindsbeen, verflou
    Die siekte van baie het my siel nou deurdrenk
    My lewe maak plek vir die dood as geskenk

    Verbode gedagte: om myself weg te vat
    Uit die lied lank verlore, uit die lewe se pad
    Dit is sonde! Net vir Hom om te kies
    Nie vir elkeen van ons, dis ʼn lewens verlies
    Verganklik, menslik en onbevlek
    My denke se slaaf, Depressie se gek.

    avatar
    Guest
    Guest


    Depressie Empty Re: Depressie

    Post by Guest Mon 26 Sep 2011, 12:11 am

    puik uitbeelding van depressie, gaan lees asb my gedig bio-polêr herkenning
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Depressie Empty Re: Depressie

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 12:14 am

    Baie Dankie - Jou werke wat ek al gelees het is puik sal graag verder lees
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 68

    Depressie Empty Re: Depressie

    Post by SWERWER Mon 26 Sep 2011, 1:41 pm

    Hallo Claira,

    Net iemand wat aan depressie ly kan so skryf daaroor en dit verstaan. Depressie is agterbakse en slinkse siekte wat n mens onkant bekruip en jou lewendig begrawe.

    n Pragtige en eerlike werk wat wonderlik skeppend beskryf wat in n mens se kop aangaan met depressie.

    As die swart hond jou ook al beet gekry het is jy goed op pad na genesing. Jy herken hom en spreek hom aan. Wonderlik!

    Ek sien uit na nog meer van jou werk.

    SWERWER
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 50

    Depressie Empty Re: Depressie

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 1:48 pm

    Baie dankie Swerwer, daar nog N paar ~ En jy is reg n mens kan maklik daardie Kalant mis kyk in n mens se elke dagse lewe.

    Sponsored content


    Depressie Empty Re: Depressie

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 21 Sep 2024, 7:51 am