Baby , my bekkie bokkie-blom
jy is die pacemaker
van my eens flou hartklop
jy is die resurrection
van my eens dooie ek
en jy is die bruis
van hierdie woestynsiel
se eens droë rivier .
Baby , my bekkie bokkie-blom
jy renovate
die struktuur
van my bouvallige-ek
tot die glorie van my potensiaal
jy redecorate
my binnekant
in warm herfskleure
en kwas vreugdevolle-geel
teen die vaalmure
van my wanhoop .
Baby , my bekkie bokkie-blom
het ek my verbeel
of pas jou reddingsboei
in hierdie onstuimige oseaan
genaamd my lewe
presies perfek
om my ?
( 29/10/2011 12h35 )
jy is die pacemaker
van my eens flou hartklop
jy is die resurrection
van my eens dooie ek
en jy is die bruis
van hierdie woestynsiel
se eens droë rivier .
Baby , my bekkie bokkie-blom
jy renovate
die struktuur
van my bouvallige-ek
tot die glorie van my potensiaal
jy redecorate
my binnekant
in warm herfskleure
en kwas vreugdevolle-geel
teen die vaalmure
van my wanhoop .
Baby , my bekkie bokkie-blom
het ek my verbeel
of pas jou reddingsboei
in hierdie onstuimige oseaan
genaamd my lewe
presies perfek
om my ?
( 29/10/2011 12h35 )