FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    BLOU HUISIE

    Lizelle
    Lizelle "Zany Zella"


    Location | Ligging : Scottburgh/ Umtentweni KZN
    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 29
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 62

    BLOU HUISIE Empty BLOU HUISIE

    Post by Lizelle "Zany Zella" Wed 01 Feb 2012, 4:41 am

    BLOU HUISIE
    (gedig geskryf na aanleiding van MARINUS HERMENS
    se foto van 'n blou huisie - sien Fotografie-afdeling)

    Iewers langs die kronkel
    van 'n stofpad en 'n boom
    staan 'n kleine huisie
    my klein bloue droom
    'n hawe vir my honger
    'n rusplek langs my pad
    hier kan ek droom en dink
    kom vat nou my hand...

    Wanneer storms om ons woed
    ja, die lewe snel verby
    kom ek en jy hierheen
    om saam ons blou droom te kry


    op golwe van verrukking
    in die arms van saam alleen
    ontdek ons elke hoekie
    van die blouwees om ons heen

    Klein blou paradys
    ons klein blou blou huis
    elke nu en dan my Hart
    kom ons hier en raak weer verlief
    ons haal af al die stofdoeke
    ons speel op elke vloer
    ons hang aan mekaar se lippe
    terwyl ons mekaar blou-liefde voer

    Soggens lag ons op die kombuis se trap
    smiddae werk ons in die kleine tuin
    ons kook saam kos in die kombuis
    saans maak ons kaggel-vuur
    en drink 'n glasie wyn
    ons maak liefde op die hemelbed
    tot die son weer begin skyn
    elke dag voel soos die hemel hier
    in ons blou huisie met sy skilfer muur


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 6:44 pm