FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Willem Wasbak

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Willem Wasbak Empty Willem Wasbak

    Post by Rudi Coetzer Tue 14 Feb 2012, 4:31 pm

    Hi , ek is Willem .
    Willem Wasbak .
    Ja , ek en Piet Piskrip en Kallie Kakhuis werk saam ( maar dis nou nie juis iets waarmee ek spog nie ) .
    Van ons drie is ek die gentleman .
    Jy kan my seker ñ Metroman noem .
    Ek is die skoon een van ons drie .
    Die een wat die lekkerste ruik .
    Appearance is belangrik vir my .
    Piet en Kallie noem my onder andere Blink Stefaans .
    Eintlik is ek bietjie van ñ perfeksionis .
    Nee , ek is baie happy met wie en wat ek is .
    Ek is maar net nie ñ man wat daarvan hou om vuil te wees nie , of om te stink nie . Van ons drie is ek die kantoorwerker .
    Die pen pusher .
    Ek dink die term is : White Collar Worker .
    En ek hou van die term .
    En ek hou daarvan om wit te wees .
    Feit is , my beroep is een van die min beroepe waar BEE nie ñ kwota het nie en waar employment equity nie juis ñ rol speel nie .
    Ek is wit en die meeste mense verkies my agv my velkleur . En die meeste mense in my beroep is wit .
    Om die waarheid te sê het ek nog nooit ñ swart wasbak gesien nie , of van een gehoor
    nie .
    Maar ek kan imagine dat Robert Mugabe ñ groot diep swart wasbak in sy paleis het , met goue krane en sy voorletters verguld iewers . En waarskynlik is daar nog ñ foto van hom ook sommer geverf in die wasbak sodat hy homself kan bewonder wanneer hy afkyk om een of ander orgaan of ledemaat te was….
    Ek persoonlik , ten spyte van die feit dat ek ñ gentleman en ñ metroman is , hou nie van goue krane nie .
    Ek is nie flashy nie . Net netjies met ñ fiemie of drie . En ñ moerse , eskuus , baie fyngevoelige neus . En alhoewel x-strale niks kon bewys nie , glo ek vas dat my neus en my maag op een of ander manier verbind is …
    Jammer .
    Nou het ek weer afgedwaal .
    O ja , ek verkies silwer krane .
    Ek meen te sê : Watter wasbak in sy right mind wil nou krane hê wat mooier as hyself is . Dis mos nou so goed soos om jou eie gat te grawe .
    Nee , ñ wasbak moet aantreklik en sexy wees .
    Soos ek .
    En die middelpunt van ñ badkamer .
    Jammer .
    Nou het ek weer afgedwaal .
    Ek vermoed ook dat Elvis Presley ñ swart wasbak gehad het . Want sien , mens sien witpoeier mos makliker op swart as op wit . En met die prys van daardie goed , kan geen mens , nie eers Elvis nie , bekostig om ñ paar gram te mis nie .
    Hoekom ek myself en my werk ook so baie van hou , is omrede ek mal is oor water .
    In fact , ek is soos ñ vis in water .
    Ek love kouewater .
    Kyk , kom ons wees nou eerlik : Warm water kan donners , eskuus , kan baie warm word . Helwarm in fact . En dit brand die sewe soorte … ehm … dit brand kwaai .
    Dit was nou my goeie geluk dat ek juis hier werk . Hier is nie ñ warmwaterkraan
    nie .
    Maar twee kouewaterkrane .
    Hoekom twee ?
    Dit is eintlik persoonlik .
    Maar omrede ek baie van jou hou ,sal ek jou maar vertel .
    Soos ek jou reeds gesê dat ek ñ sexy en aantreklike wasbak is .
    En dat ek ñ perfeksionis is .
    En enige normale wasbak het twee krane .
    Hoe sou ek nou gelyk het met net een kraan ?
    Nee !
    Ek het geweier om gebreklik te wees !En so bohaai opgeskop en tantrums gegooi , dat ek my sin gekry het .
    Twee krane of ek werk nie .
    En basta !
    Wel , ek moet nou gaan werk .
    Hier kom Paul om sy hande te was .
    Ek like vir Paul . Sy vingers ruik altyd na … ehm …vrou .
    Kom kuier gerus weer .
    Dit was nou ñ lekker geselsie .


    ( 16/10/2008 14h29 )

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 11:40 am