FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by anderkant Tue 11 Oct 2011, 6:58 pm

    Sproes Krit
    11 Oktober 2011

    Willem Coetzee

    Hierdie week is dit 'n voorreg om Willem Coetzee se werk uit te sonder en die kollig op hom te plaas.

    Willem (47) is getroud en pa van 3 kinders; twee dogters wat altwee tans medies studeer by 'n Kaapse Universiteit en een seun in Graad 10 (Standerd 8 indien julle soos ek nog in "bekende" terme dink).

    As deel van die bestuur by 'n nasionale maatskappy reis Willem gereeld tussen Bellville en Randburg en hy beskou beide as sy tuiste.

    In die uitvoering van sy pligte moet hy gereeld persverklarings oor korporatiewe aangeleenthede uitreik en ek wil sy kort en bondige skryfstyl amper daarmee vergelyk. Wanneer julle by sy werke 'n draai gaan maak sal julle daarop let dat Willem met baie min woorde ongelooflike besonderhede kan skets.

    Willem was so gaaf om 'n paar vrae te beantwoord wat ek aan hom gerig het en die volgende strofe bevat sy "gunsteling aanhalings".

    Ek wil sensitiewe lesers vra om die geel strofe oor te slaan aangesien daar noodsaaklike gebruik van 'n kragwoord daarin voorkom.

    "Twee tesame gelees:
    "Resolve to be yourself and know that he who finds himself, loses misery" - Matthew Arnold "I'd rather be hated for who I am than loved for who I am not" - Kurt Cobain

    TAAL WAARSKUWING
    En dan is daar ook een van 'n vriend van my (jy sal dalk maar die woorde moet aanpas, maar 'n aanhaling is 'n aanhaling): "We are not mad! They are the mad fuckers! Those who think there can be certainty about anything - they are the mad fuckers! Not us..." - Carl Wille"

    Hoewel Willem nog nie formeel van sy werke gepubliseer het nie (met die uitsondering van amptelike persverklarings) is ek bewus daarvan dat hy al ongeveer 'n jaar lank van sy skrywes op die internet aanbied en in hierdie tyd het ek 'n merkbare groei in sy skryfstyl en aanbieding aanskou.

    Hoewel hy hoofsaaklik belangstel in die gedigte-kategorie, voel hy ook "dat daar 'n boek in sy binneste lê wat hy nog in hierdie lewe sal skryf." Hier let ek op die gebruik van "sal skryf". Deur met Willem se verse om te gaan raak mens telkens bewus van 'n karakter wat nie terugdeins voor geleenthede nie - hy gryp dit aan en laat dit gebeur.

    Hy lees graag enige iets oor filosofie aangesien hy die mens se strewe daarna om "onsekerheid na sekerheid te reduseer" interessant vind. Die afgelope ruk lees hy dan ook meestal Nederlandse boeke want hy wil die taal van sy voorsate kan lees, skryf en praat. Ek dink onwillekeurig aan sy vers "Op reis" waar die Nederlandse liefde duidelik spreek.

    Willem vertel verder dat hy tans "De Slinger van Foucault" deur Umberto Eco lees wat hoofsaaklik oor die Rosekruisers handel. Hy vind dit interessant dat die storie verskillende sienings van okkultiese en filosofiese sienings insluit en is beïndruk deur Eco se vermoë om soveel sienings in soveel spanningslyne (dikwels gelyklopend) te kon uitdink en neerpen. Ek dink ons as lesers van sy verse merk ook hierdie vermoë by Willem - die vermoë om vele sienings en standpunte aan te bied en te verken.

    Ek sonder graag die volgende vers uit Willem se pen uit as my gunsteling van al sy werke.

    Saam met my

    waar die brander
    oor sy eie wese rol
    waar die wapad
    wye draai hol
    waar die heelal
    'n 4 dimensionele
    driehoek knoop

    waar vryheid
    in oordaad rank
    waar die wydste wyd
    van wes na oos
    sy arms hang

    kom hê my lief

    daar

    (c) Willem Coetzee
    20.09.2011

    Hierdie gedig kan gelees word by die volgende skakel:

    http://www.free-style-art.com/t396-saam-met-my

    Uit Willem se 23 verse merk ek op dat sy "Liefdeskuns" 44 keer gelees is en 11 kommentare ontvang het. Daarenteen het "Saam met my" minder goed gevaar met 25 besoeke en 1 kommentaar. Presies daarom glimlag ek breed: die grootsheid van sekere kunstenaars en hulle werk kan nie "gemeet" word nie - hoeveel kunstenaars het met 'n honger maag hulle drang om kreatief te wees gevoed om in die graf skielik "raakgesien" te word. Sou hulle kon voortgaan en aanhou om rou en eerlike stukke te lewer as hulle skielik oorval sou gewees het deur rykdom en glorie - of het daardie hongerpyne hulle ware talent ontbloot?

    Willem se werk is groots wanneer mens gaan stilstaan en lees - moeite doen om te begryp. "'n 4 dimensionele driehoek knoop" - is Fafnir dan al persoon wat die Goddelike drie-eenheid + EK daarin opmerk? Ek glo nie! Mens kan jou maklik 'n driehoek indink waarvan ek die middelpunt vorm, of waar die "ek" 'n punt aanneem en ons die middelpunt aan iets of iemand anders toeken. Die vers spreek 'n gedagte aan en laat die leser toe om dit na wil te interpreteer, die kern is sterk genoeg om bo enige interpretasie uit te troon. Dit is myns insiens meesterlik en verdien my staande toejuiging.

    In die geheel lees ek hierdie vers as 'n Liefdesbrief, gerig aan iemand wat die skrywer vermoed daartoe in staat sou wees om die onbegrypbare te begryp, die onverkenbare te verken, die vryheid van wees en dink sal kan erken en saam by 'n gemeenskaplike punt kan uitkom. "Daar".

    Willem se bydrae tot hierdie gemeenskap is nie gering nie en dit is vir my 'n voorreg om sy werk deur hierdie forum te kon verken.

    My wense vir 'n "twist wat hom sal laat lag" en 'n boek in die vertoonvenster (waar dit waardig tuis sal wees) vergesel hierdie merkwaardige skrywer.


    Groete,

    Anderkant
    © FreeStyle Sproes Krit - Alle regte voorbehou deur die www.free-style.co.za webblad eienaar / All rights reserved by the www.free-style.co.za webpage owner.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by BennyB Tue 11 Oct 2011, 7:52 pm

    Rudi...ek dog ek ken my vriend se werk...bogger Very Happy
    Jy het hierdie werk baie goed benader, ontleed en ek weet Willem smile nou breed.
    Weereens se ek vir jou baie dankie dat jy regtig moeite doen om 'n stuk werk en skrywer te ondersoek en te bespreek. Jy is uiters profesioneel en ek is seker enige een sal hetsy die komentaar goed of sleg trots kan voel om deur jou ge krit te word!
    VIVA
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by AmmieMoon Tue 11 Oct 2011, 8:56 pm

    Weereens is jou sproes-krit pure leesgenot..... Jy som Willem goed op en ek (vir een) sien uit na daardie '' Willem Coetzee - boek '' in die winkelvenster !

    Ek sekondeer Benny se kommentaar hierbo ! Like a Star @ heaven
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by Besoeker Tue 11 Oct 2011, 9:03 pm

    brander oor sy eie wese rol , innie 4de dimensie .... inderdaad `n KRAGvers !
    avatar
    Guest
    Guest


    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by Guest Tue 11 Oct 2011, 10:27 pm

    Ook ek is besonder bly jy het met jou eietydse talent van waarneming en opsomming Willem se werk uitgelig, ek volg sy werk reeds 'n geruime tyd en verlekker my in die dimensies en wegsteek hoekies hy met min woorde skilder!
    Puik Krit van 'n digter wat ek persoonlik voel sal n briljante novelle skrywer kan wees! (en reeds briljante digter is)
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by Julia Hill Sun 16 Oct 2011, 2:49 pm

    Lovely to get deeper insights into the contributors on Freestyle Smile
    Dankie Anderkant!

    Sponsored content


    Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee) Empty Re: Sproes Krit: 11 Oktober 2011 (Willem Coetzee)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 13 May 2024, 2:23 am