FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sproes Krit 25 Oktober 2011 (Enid v.d. Merwe

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Sproes Krit 25 Oktober 2011 (Enid v.d. Merwe Empty Sproes Krit 25 Oktober 2011 (Enid v.d. Merwe

    Post by anderkant Tue 25 Oct 2011, 2:24 pm

    Sproes Krit

    25 Oktober 2011

    Enid van der Merwe

    Dit is vir my aangenaam om hierdie week die kollig te verskuif en te laat skyn oor die merkwaardige skrywer en mens wat ek in Enid van der Merwe leer ken het.

    Ter agtergrond (vir die van julle wat haar dalk sopas leer ken): Enid is tans woonagtig in Bellville in die Kaap (hoef ek te noem hoe opgewonde die WP naam haar maak?) en sy is gelukkig getroud met Andre van der Merwe. Saam is hulle die ouers van 3 dogters van 15-, 13- en 7- jaar onderskeidelik.

    Enid is 'n aktiewe en betrokke moeder wat haar kinders met erns in al hulle aktiwiteite ondersteun. Dié van ons wat bevoorreg is om Enid al vir 'n rukkie te ken weet dat sy ongelooflik trots is op haar dogters se vernuftigheid in netbal. Enid se bors swel met trots (met goeie reg kan ek byvoeg) wanneer sy van hulle wedstryde en aktiwiteite vertel op Facebook en elders. Iets wat my telkens opval is dat sy nie een van haar kinders uitsonder nie en haar liefde in gelyke mate met elk deel, terwyl sy haar huwelik en man ook ten alle tye met gesag en liefde erken.

    Enid is bedags assistent-makelaar asook 'n tuisonderrigonderwyseres. Haar bedrywige lewe laat gelukkig ruimte vir haar liefde vir skryfwerk waarin sy veral poësie as haar voorliefde uitsonder. Enid vertel dat haar gunsteling gesegde twee-delig is: eerste dan "you make your bed you sleep on it" en tweede "where are you? I'm coming". Tong in die kies en met 'n goeie sin vir humor oorrompel Enid die leser telkens deur haar verse en pittige kommentaar wat sy met oorgawe en 'n absolute oortuiging met ons deel.

    Ingrid Jonker se lewe en herkoms spreek direk tot Enid en sy sonder haar sonder wyfeling uit as haar grootste inspirasie. Ek voel dit is gepas om te noem dat ek persoonlik vind dat Enid eer bring aan die mens wat Ingrid Jonker was en dat sy met erns met haar rolmodel se werk omgaan. Ena Murray verdien dan ook 'n spesiale vermelding omdat Enid haar verhale en vertelstyl geniet. (Ek persoonlik deel haar sentiment jeens Murray se werke)

    Enid het mees onlangs "'n Aandeel in my hart" deur Jolene de Koningh gelees en hoewel ek nog nie hierdie boek gelees het nie is die blote feit dat Enid dit interessant gevind het vir my genoeg rede om op die uitkyk te wees daarvoor. (ek voorspel 'n boek-klub).

    Enid beskou skryfwerk as 'n manier van ontspan. Die vermoë om daardeur haarself te mag uitbeeld maak haar rustig en hoewel Enid nog nie formeel gepubliseer het nie is sy wel baie aktief betrokke by aanlyn skrywers-gemeenskappe soos FreeStyle op Facebook en by FreeStyle op die web. Vir inspirasie vra Enid slegs die see, musiek en NETBAL! Adrenalien is hierdie merkwaardige dame se ontbyt en aandete. (moet dan ook nie van Ingrid vergeet nie!)

    Ek wil nou nie aspris "voorspelbaar" wees nie, maar hierdie week sonder ek Enid se "Alter-ek" uit, wat in haar eie voetnota depressie bespreek. Indien julle dit nog nie gelees het nie, gaan lees en lewer asseblief kommentaar by die volgende skakel:

    http://www.free-style-art.com/t841-alter-ek

    Alter-ek

    miskenbaar verlore
    in'n wêreld van gate
    swart van kleur
    rigting of bestaan

    iewers het ek verloor
    dit wat ek moet wees
    waarvan ek hou
    of wat ek verbrou

    moeg om te leef
    vir wie of vir wat

    miskenbaar verlore
    dit is nou ek.
    _________________
    2011/kopiereg/EEvdMerwe

    Gun my om te noem dat hierdie vers, mýns insiens, nie Enid se beste werk is nie - hierdie is egter vir my die eerlikste en daarom is dit vir my 'n grootse voorreg om dit te bespreek.

    Ek het Enid leer ken as iemand wat integriteit voorop stel en nie bereid is om te onderhandel oor dit waarin sy glo nie. Sy is gereed en bereid om alle dinge te bespreek, maar staan outoniem in haar wese en reg tot eie interpretasie en keuse. Hierdie vers is myns insiens 'n absolute voorbeeld daarvan.

    Daar is 'n "ongesproke" aanvaarde hantering van depressie en "die monster" en almal trap versigtig daarom. Ons ken onsself slegs wanneer ons voel dit is veilig en dan verdraai ons hier en daar 'n woord sodat dit aanklank mag vind by die regte mense. Enid weerhou haar daarvan - sy is eerlik en opreg met die aanbieding van hierdie vers. Ek het dit anderkeer vergelyk met 'n "worm-hole" - die "swart gat" sonder einde wat Morgan Freeman so meesterlik verwoord in die wetenskap reeks wat deesdae per satelliet uitgesaai word. Sy is ONGELOOFLIK dapper (ek beskou dapperheid as iets wat iemand doen wanneer hulle daardeur niks kan bereik behalwe om trou te wees aan die stem en roepe van "ek" nie).

    Menige skrywer (dalk nie almal nie, maar meeste) worstel met "die monster" - die een sonder naam, gesig of etiket. Ingrid Jonker het ook daarmee geworstel. Dít is egter nie wat Enid bekoor het nie - Ingrid se bereidwilligheid om haar menslike swakhede te aanskou en daarmee te handel is duidelik die boodskap wat Enid uit haar werke neem. "There is no glory in admitting to being the least". Enid begryp dit.

    Ek stem dalk nie saam met die wyse waarop Enid die onlangse sensus hanteer het nie (ek het natuurlik die mannetjie buite laat sit terwyl hy sy vorm invul) maar vir Enid se skryfwerk het ek respek. Dit is waardig. Ek, as "krit-meester" voel in hierdie geval "onbevoeg" om mening uit te spreek, tog mag ek my waardering vir haar mens en werk nie weerhou nie.

    Enid, jy sal my verskoon dat ek jou vers nie reel vir reel uitmekaar torring nie, ek voel elke leser moet vir hom/haarself besluit daaroor. Dat daar inherent 'n boodskap is vir ieder en elk in hierdie vers sal niemand in twyfel trek nie.

    Dat jy 'n grootse, waardige skrywer in eie reg is bestaan daar geen twyfel oor nie. Dit is 'n voorreg om jou te mag erken as iemand wat my inspireer.

    Ek wens jou alle voorspoed en die vervulling van al jou wense en drome toe.

    Groete tot volgende week,

    Anderkant
    © 2011 - Sproes Krit - All rights reserved by www.free-style-art.com website owner / Alle regte voorbehou deur www.free-style-art.com webblad eienaar.







    avatar
    Guest
    Guest


    Sproes Krit 25 Oktober 2011 (Enid v.d. Merwe Empty Re: Sproes Krit 25 Oktober 2011 (Enid v.d. Merwe

    Post by Guest Tue 25 Oct 2011, 2:55 pm

    soos met elke skrywer jy behandel het annerkant kry jy weereens reg om die mens agter die skrywer uit te lig! Enid so totale mens wees bekoor my al van haar eerste werke en haar verpersoonliking met Ingrid Jonker tref my gereeld, Enid is die enkele rede ek met ander oe na Ingrid begin kyk het! Ek wens vir iemand soos Enid, 'n vrou, 'n vriendin 'n skrywer toe dat die wereld soos ek haar vlerke mag sien!

      Current date/time is Mon 13 May 2024, 4:27 am