FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
AmmieMoon
anderkant
6 posters

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    anderkant
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by anderkant Sat 15 Oct 2011, 5:02 pm

    Sproes Kit
    15 Oktober 2011

    Janke Sauerman

    Dit is vir my baie aangenaam om hierdie week ons jongste deelnemer uit te sonder en die kollig op haar te plaas: ek voel dit is wel verdiend en dat sy trots mag wees op wat sy alreeds deur haar verse bereik.

    Sekelmaantjie, soos ons haar leer ken het, is 11 jaar oud en vanjaar in Juffrou Louw se Graad 5A klas by Laerskool Saldanha. Haar gunsteling skoolvak is Natuurwetenskap en haar beste maatjies is Claudia Botha, Sha-sha-Lee Edwards, Wynona Farmer en Amber Seans.

    Wanneer sy nie by die skool is nie, vertel Ammiemoon se oudste "wippie", hou sy baie van diere, lees, legkaarte bou, swem en netbal. Janke verklap ook dat "Oupa se gebraaide aartappels en hotdogs" haar gunsteling kos is.

    Sy vertel dat sy kon hoor hoe mamma haar verse hardop lees en daardeur begin belangstel het om self te skryf. "Mamma het ook aan my en my sussie verse op woes voorgelees. Eendag het ek 'n versie geskryf met die naam van “Groen Maan” en toe ek dit vir mamma voorlees het sy begin huil so mooi was dit vir haar."

    Met die plasing van Groen Maan op 12 Oktober 2010 het ons in die kunste-gemeenskap kennis geneem van hierdie merkwaardige jong meisie en haar kragtige talent met woorde. Indien julle dit nog nie gelees het nie, volg gerus hierdie skakel na haar plasing hier op FreeStyle.

    http://www.free-style-art.com/t786-groen-maan

    In haar briefie vertel Janke ook dat "gereeld as ons êrens heen ry of selfs as ek net buite die huis iets sien wat vir my mooi is en my interesseer dan begin daar sommer 'n versie in my kop vorm. Ek het 'n notaboek wat ek meeste van die tyd by my hou sodat ek dit dan daarin kan neerskryf." Janke vertel verder dat sy besig is om tiener storieboeke te skryf en "die een in Engels waarmee ek besig is se naam is “The map of ULUKA”.

    Janke geniet dit om te lees en sy is trots om al 15 boeke in haar engelse leesboek reeks te besit wat sy elke maand uit haar eie sakgeld koop. Sy hou veral van die "goosebumps" boekereeks en ander soortgelyke tiener ril stories. Haar gunsteling digter is Antjie Krog en sy geniet dit om haar gedigte te lees.

    Haar toetrede tot die FreeStyle gemeenskap het nie ongesien verbygegaan nie en sy het dadelik 'n baie groot indruk gemaak op digters wat hier tuisgaan. Dit is my mening dat die weerloosheid en "onskuld" in die kern van elke vers wat sy plaas die wenresep is.

    Janke verstaan ook dat alles nie altyd hoef te rym nie, solank die woorde in haar hart reg klink en die klanke vloeiend lees. Sy vertel op haar profiel blad juis dat mamma haar geleer het dat mens in 'n gediggie met baie min woorde baie moet sê. Dit is vir my duidelik dat sy 'n baie sensitiewe aanvoeling het vir woord en klank en wanneer mens haar huidige verse lees dink ek sy gaan Ammiemoon in die toekoms verbysteek - wat gedoen wil wees. Haar verse spreek reeds van iemand wat die "oppervlak" waarneem en die subtiele "kern" daarvan begryp en 'n sonderlinge vermoë om dit neer te pen.

    "Groen maan" is geskryf nadat Janke daardie oomblik van helderheid belewe het waarin sy die sin van die digkuns begryp het. Ammie vertel met trots dat Janke haar opgekrul het op 'n rusbank met haar vinger in die woordeboek en 'n glinster in haar oog wat sy met haar graf toe sal neem. Later het Janke versigtig die "papiertjie" vir Ammie aangebied om te lees en mens kan haar trotse moedergemoed slegs raai.

    In "Groen maan" met sy 7 versreëls slaag Janke meesterlik daarin om die essensie van die digkuns pragtig uit te beeld. Mens kan amper sien hoe sy na buite stap, opkyk in die lug en alles wat sy sien versigtig in woorde gaan soek, totdat sy elke woordjie kry wat perfek pas en perfek verduidelik wat sy sien.

    So sien die toekoms van Afrikaanse digkuns daaruit - mits ons almal ons deel doen en ons kosbare kinders daaraan blootstel is daar geen keer nie. Janke Sauerman is 'n gloeiende voorbeeld van hoop wat ons twyfelende gemoedere oor 'n onseker toekoms kan stil. Daar is hoop en onvoorwaardelike liefde in die hart van elke kind, ek voel dit is ons taak om hulle te help om die sleutel te vind om daardie hart te ontsluit. Soos met Janke, sal nie een van ons maklik die oomblik kan vergeet wanneer daardie "liggie" aangaan in hulle ogies en hulle met nuwe belangstelling na die lewe kyk nie. (Kan ons dan self vergeet hoe dit gevoel het toe ons die liefde vir ons taal en die kuns in ons eie wesens ontdek het?)

    Janke, jy skryf pragtig en jou gedigte is woord vir woord perfek aanmekaar geryg. Ek hoop jy sal daardie liefde nooit begrawe nie want jy het 'n talent waarna vele van ons smag. Solank jy dit geniet mag jy weet dat ons dit ook sal geniet.

    Dankie dat jy jou gedigte met ons deel. Ek hoop jy kry gou klaar geskryf aan jou tiener verhaal en dat dit sommer 'n weghol-sukses sal wees. Jy verdien dit. Onthou ook om kind te bly vir solank as wat jy kan, dit maak jou gedagtes ekstra spesiaal vir ons wat lees.

    Ek dink dit is hierdie week gepas om af te sluit met 'n dankie vanaf Sekelmaantjie:

    "Ek wil net groot dankie sê vir oom Benny en mamma dat ek ook nou mag skryf en lees op FreeStyle. Baie dankie ook vir al die ander mense wat my versies lees en sulke mooi kommentare vir my skryf, dit maak my gelukkig."

    Groete tot volgende week,

    Anderkant
    © 2011 - Sproes Krit: All rights reserved / Alle regte voorbehou

    Last edited by anderkant on Mon 17 Oct 2011, 6:18 pm; edited 1 time in total
    avatar
    Guest
    Guest

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Guest Sat 15 Oct 2011, 6:53 pm

    Janke se toetrede tot Free Style is vir my 'n getuienis van talent in ons jong mense daar buite! Ek beskou Janke as 'n voorloper om ander dromer kinders soos syself te wys dat Suid Afrika het plek en liefde vir jong talent!
    Jankies hierdie tannie Nala vreet jou verse op want dit is vris en skoon dankie dat jy ons hier kom iets leer, einlik leer jy ons meer as ons jou ooit kan leer, jy leer ons om jong siele se talent te ervaar en broos vas te hou!
    Rudi weereens doen jy die kunstenaar 'n mekrwaardige eer aan met jou styl en tegniek
    AmmieMoon
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 4:13 am

    Rudi, as mammiemoon wil ek jou bedank vir hierdie bekendstelling van myse Sekeltjie....Ek kan ongelukkig nie onpartydig hier wees nie want hier is ek 'n mamma en damn trots op my huppelkind ! Ek onttrek my geheel en al van haar skrywery want ek wil haar nie beïnvloed of in 'n vorm druk nie (sy lees wel al my verse so dis moontlik dat daar in die toekoms ''maan spore'' in haar werk sal wees) tog staan ek telkemaal verwonderd as sy elke dan en wan met 'n frommel versie voor my staan...dis pure magic vir my! Haar netboek se internet is nog nie geïnstalleer nie so ek glo sy sal so teen volgende week iewers offisieel selfstandig op die lug wees en self haar stuiwer hier in die armbeurs kom gooi....( Ek kan miskien net noem dat sy na die lees van hierdie artikel rond huppel en babbel soos 'n kiewiet op ' steroids ' ...giggel)

    As Ammie Moon, kan ek net sê dat jou rubriek weereens getuig van takt en kundigheid.....'n Fees om te lees ! Baie dankie my vriend. Like a Star @ heaven
    BennyB
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by BennyB Sun 16 Oct 2011, 1:48 pm

    'Die blas nag buig
    voor jou vlasvink vere.'
    Hoe pragtig is die nie gestel nie! Janke ek onthou die aand toe jy die vers geskryf het, mamma het my gebel en ek het sukkel om haar kalm te kry. Ek is seker sy het daar op en af gespring soos 'n klein energyser bunny lol!

    Elke keer is dit vir my 'n voorreg om jou verse te lees, jy is 'n voorbeeld vir elkeen van ons/ Ek weet jy gaan deur jou skryf werk 'n groot inpak maak nie net hier op FreeStyle nie maar by elkeen wat die voorreg gaan hê om jou werk te lees. Jy kan met reg trots staan. Ek, soos almal hier, hou jou werk met groot belangstelling dop en wag op jou volgende WOW vers!

    Dankie Rudi weereens vir die moeite en insig wat jy doen met Sproes-Krit. Soos gewoonlik is dit nie net insiggewend nie maar sien ek uit na die volgende een!
    Julia Hill
    Julia Hill

    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Julia Hill Sun 16 Oct 2011, 2:57 pm

    Anderkant - thank you again
    Janke you are a shining star in spite of your age, and I so enjoy your poems - they may be short but they are powerful and beautiful - I look forward to seeing how you grow your talent and your love of words - you are an inspiration to so many of us - old and young alike - to attain new heights in our chosen mediums of expression .... Mammie Maan has every right to be bursting with joy ... Love you!
    SWERWER
    SWERWER

    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by SWERWER Mon 17 Oct 2011, 1:40 pm

    My siening dat kinders, veral as hulle baie jonk en onskuldig is moet teen die tyd duidelik wees vir almal om te sien. Daarom wil ek aan anderkant en al die ander gelukwens met die manier hoe hulle hierdie jong skrywer behandel en aanspoor. Dit is en sal altyd vir my n voorreg wees om enige kind te sien wat gelukkig en gekoester is, presteer. Welgedaan anderkant, jou gilhartigheid en sensitiwiteit benewen jou talent word weereesn hier baie duidelik gewys.

    Janke jou werk is pragtig en laat my altyd so n bietjie stil in my gees as ek gesef wat n mooi gawe jy het. Moet nooit ophou skryf nie.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Rudi Coetzer Tue 18 Oct 2011, 12:20 am

    ek hou my oog op jou en jou werk....
    mag jy uit die boks uit dink..en groei in jou digtery en skrywery soos n skaars-soort protea diep weggesteek in n geheime kloof...
    Onthou: daar is n gedig in elke oomblik.
    *
    n Gedig is n foto in woorde.

    Probeer altyd nuwe goed...nuwe maniere...
    Jy is jou eie plafon.

    En LEES baie!!!!!
    anderkant
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by anderkant Tue 18 Oct 2011, 2:41 pm

    Ek glimlag wanneer ek na die kommentare kyk; in die gees staan ons soos een saam voor hierdie meisie se talent. Dit is 'n voorreg om te aanskou.
    avatar
    Besoeker
    Guest

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Besoeker Sun 23 Oct 2011, 3:28 pm

    Pragtige 'krit' , anderkant , vir `n pragtige noointjie.
    Ek kannie veel toevoeg nie , behalwe daarvoor dat ek twee paragrawe uit die krit wil voorhou, en nog bietjie daarop wil uitbrei :

    Haar toetrede tot die FreeStyle gemeenskap het nie ongesien verbygegaan nie en sy het dadelik 'n baie groot indruk gemaak op digters wat hier tuisgaan. Dit is my mening dat die weerloosheid en "onskuld" in die kern van elke vers wat sy plaas die wenresep is.

    en

    So sien die toekoms van Afrikaanse digkuns daaruit - mits ons almal ons deel doen en ons kosbare kinders daaraan blootstel is daar geen keer nie. Janke Sauerman is 'n gloeiende voorbeeld van hoop wat ons twyfelende gemoedere oor 'n onseker toekoms kan stil. Daar is hoop en onvoorwaardelike liefde in die hart van elke kind, ek voel dit is ons taak om hulle te help om die sleutel te vind om daardie hart te ontsluit. Soos met Janke, sal nie een van ons maklik die oomblik kan vergeet wanneer daardie "liggie" aangaan in hulle ogies en hulle met nuwe belangstelling na die lewe kyk nie. (Kan ons dan self vergeet hoe dit gevoel het toe ons die liefde vir ons taal en die kuns in ons eie wesens ontdek het?)

    Die groot filosoof , Nietzsche { wat geredelik as misverstane vader van ons moderne gees kan gesien word } het in sy werke telkens op die griekse ' naiewe gees' teruggekom - iets wat hy as hoogtepunt van kulturele lewenskrag-en wil gesien het . Ek sien daardie welling van oerkragte in Janke se werk ook raak , *** (gemodereer). In die verband doen ek `n ernstige beroep op elkeen van ons om die *** (gemodereer) tydsberekening van *** (gemodereer) verse ,in die nabyheid van Janke se verse te heroorweeg.

    *** (gemodereer)

    Moderator: die inhoud van hierdie kommentaar is gewysig (dele weggelaat) om by die beleid en beeld van Sproes Krit te pas. Ek versoek vriendelik dat ons probleme dmv privaat direkte boodskappe hanteer en nie in die openbare forum nie. Dankie.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 1:30 pm

    Post by Rudi Coetzer Fri 28 Oct 2011, 5:29 pm

    wonder maar net waarom my laaste kommentaar gesensor is,aangesien ek juis niks gese het nie? Question

    Sponsored content

    Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie) Empty Re: Sproes Krit 15 Oktober 2011 (Janke Sauerman / Sekelmaantjie)

    Post by Sponsored content

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 3:23 pm