FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Tussen treine

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Tussen treine Empty Tussen treine

    Post by Camsica Sun 22 Apr 2012, 2:02 pm

    In die hitte van die oomblik
    kyk jy skrams na my en sê:
    “Baby 6 maande sonder liefde is lank.
    Ek het so na jou verlang”

    Nou wonder ek
    of ek jou kan glo
    want ek lees nie
    die woorde van liefde
    in jou oë.

    ~~~~

    Die afskeid op die trein-stasie was te lank
    en onnodig uitgerek
    dalk was dit net
    oor my hart so seer was
    oor my siel te suinig was
    om jou te laat gaan.

    Dit was hel.

    ~~~

    Posseëls is ook al duur
    het ek die afgelope klompie maande uitgevind
    koeverte ook
    veral as dit ongelees terugkeer
    met ‘n:
    “Adres onbekend”
    gemerk.

    En ek het tog die regte adres.
    Het al drie keer seker gemaak.
    En elke keer voordat ek pos.

    Lien en Stef asook die meisie by die bank
    het presies dieselfde adres
    ek kry hulle week na week by die poskantoor
    elk met ’n wye glimlag en ‘n army koevert in die hand –

    en ek met my ongeleeste-terug gekeerde vuil koevert
    wat ek so ongesiens
    by die kant van my handsak inglip

    Nou ‘ie middag nooi hulle my vir tee
    sommer in ou ta’ Fien se koffie-kombuis
    sit ons daar en ooh-en-aah
    oor al die brokkies op die dorp.

    Lien bloos terwyl haar oë
    oor die reëls van haar brief gly
    die army-stempel op die koevert onmiskenbaar

    “Hulle is al vir drie weke in die bos.
    Lewe glo op blikkies-kos en Rat packs.”
    Hy sê hy kan nie wag om huis toe te kom nie.
    Hy mis my gebraaide aartappel
    en daai special poeding met die sjokolade-sous.

    Die girl’s se geskerts oor die betekenis
    en gebruike van die sjokoladesous irriteer my so
    dat ek myself sag verskoon.

    Daardie aand was die maan vol
    ek het jou sommer vanaf die tiekieboks probeer bel
    die korporaal was ongeskik terwyl hy my meedeel
    dat jy te ver is om met my te praat.

    Die mik van die gehoorstuk
    spoeg kleingeld uit
    maar ek’s reeds om die hoek.

    So was die dae.
    Sloer dae.

    Wat weke geword het
    Toe ‘n maand
    toe twee
    eentonig
    dag-vir-dag
    week-vir-week
    maand-vir-maand.

    ~~~

    Tot jou stem oor die telefoon praat.
    Jy sê ek moet jou kom haal.
    By die bushalte.
    Jy het glo nie saam met die ander troepe trein gery nie.
    Die trein loop te stadig.

    Jy staan hier voor my

    nou wonder ek
    of ek jou kan glo
    want ek lees nie
    die woorde van liefde
    in jou oë.

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Tussen treine Empty Re: Tussen treine

    Post by Net ek... Mon 23 Apr 2012, 12:11 am

    Ek het dit gelees... Weer gelees... En toe sommer nog 'n keer...
    Bloot omdat dit werklik 'n besonderse stuk is.
    Well done!! Jy't my verseker vasgevang met die een!!
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Tussen treine Empty Re: Tussen treine

    Post by Camsica Mon 23 Apr 2012, 4:49 am

    Smile. Baie dankie (veral vir die weer-en-weer lees) ek waardeer.
    Bly jy het dit geniet...

    Sponsored content


    Tussen treine Empty Re: Tussen treine

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 3:44 pm