op deurweekte linne
gedrapeer tussen laken voue
glimlag ek speels oor jou nag se nabywees,
die kiewietspoortjies wat jy gelaat het
in die holte van my kussing;
weer bewus van jou kreune versteek
in die skouerbandjies van my naghemp,
jou olyf aroma wat soos wandelings
deur vroegmôre mis, aan my kleef;
jou vingerpunte se soek soek streling
wat saam met sonnestraal
my bed oopkloof
wyl ek baai
in die nadraai
van jou middel-nag liefkosing.
'k strek lomerig in jou teenswoordige afwesige vlees
sug sag in wete
dat jy vanaand weer
by my sal wees.
© 2011 Almarie Truter
gedrapeer tussen laken voue
glimlag ek speels oor jou nag se nabywees,
die kiewietspoortjies wat jy gelaat het
in die holte van my kussing;
weer bewus van jou kreune versteek
in die skouerbandjies van my naghemp,
jou olyf aroma wat soos wandelings
deur vroegmôre mis, aan my kleef;
jou vingerpunte se soek soek streling
wat saam met sonnestraal
my bed oopkloof
wyl ek baai
in die nadraai
van jou middel-nag liefkosing.
'k strek lomerig in jou teenswoordige afwesige vlees
sug sag in wete
dat jy vanaand weer
by my sal wees.
© 2011 Almarie Truter