wat in my keel afstort; dit gebeur
as jy leer om te huil soos dit betaam:
na binne.
ek rou oor die verlies
van jou wat ek nooit sal ken nie;
(my gewete vergun dit nie)
'n self-opgelegde weerhouding gepas.
jy, wat my volle man-wees sou vra;
my ware passie sou ontketen
en in die drif van my asem,
in die gloed van elke korrel sweet,
my behoefte sou herken,
my menswees érken
jy,
wat my in die middernag-uur
- wyl jy stiltetyd in jou hart hou -
nie voor jou God sou ontken nie.
vir nou is drie kinderharte
elke dag se nuwe moed
vir nou
is dit genoeg
© (2011) Rudi Prinsloo
Alle regte voorbehou / All rights reserved
Last edited by anderkant on Mon 19 Sep 2011, 5:57 pm; edited 4 times in total