Valdeure het die manier om te val
wanneer jy dit die minste verwag
swaar ouhout met koper beslaan
in wie se ingang adellikes, gepeupel
en maanwesens soms staan
selfs verliefdes met soenoffers in hand
vir net 'n glimp om dalk op goue plavei
van binnehowe te staan
melaatses by die poort se kanse is nul
met hulle hoop en skaamte
in bruikleen linnegoed gehul
met toiings van ou honger en misbruik
starend na 'n feesmaal
wat hulle tot nou toe net kon ruik
ek mag honger wees
en dors
selfs met ou smet bedek
maar God weet
ek is meer werd
ek
is EK.
© 2011 Almarie Truter
wanneer jy dit die minste verwag
swaar ouhout met koper beslaan
in wie se ingang adellikes, gepeupel
en maanwesens soms staan
selfs verliefdes met soenoffers in hand
vir net 'n glimp om dalk op goue plavei
van binnehowe te staan
melaatses by die poort se kanse is nul
met hulle hoop en skaamte
in bruikleen linnegoed gehul
met toiings van ou honger en misbruik
starend na 'n feesmaal
wat hulle tot nou toe net kon ruik
ek mag honger wees
en dors
selfs met ou smet bedek
maar God weet
ek is meer werd
ek
is EK.
© 2011 Almarie Truter