FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Voete van klei

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Voete van klei Empty Voete van klei

    Post by Claira Summers Wed 28 Sep 2011, 4:05 am

    Voete Van Klei


    Verblindend is die waarheen
    jy oppad is vandag
    Soekende oë wat
    oor jou lewe heen wag
    Binne die grense
    van die mens se verstand
    Vergoeding vir sondes
    sal dit kan bedank

    Diep binne die treffende ambusie
    lê die koue verdriet
    Vra jy vergifnis vir foute, maar verniet
    Sal jy dit kry
    maar nie sonder die pyn
    Verlate staan jy
    verslae roep oënskyn

    Probeer jy die wêreld
    in jou troefkaart mislei
    Steek al die pyn weg
    met jou lag te verlei
    Bêre die seer so ver, ver weg
    Pretensieus en dormant
    as jy so jou saak besleg

    Staan aan die einde van paaie
    met druppels vergeef
    Kyk op en voel die reën
    die sout van jou trane beleef
    In die donker sal dit jou broosheid stil sus
    Vergelyk met jou stof
    die leiding van rus

    Stil en stemmig
    sag en waardig
    Vandag kan jou lewe die toekoms vervaardig
    Bedrewe die weg wat almal verlei
    Bedek is die seëning
    van ons voete van klei

      Similar topics

      -

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 11:40 am