FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Voete sonder skoene

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Voete sonder skoene Empty Voete sonder skoene

    Post by Elmi Thu 26 Apr 2012, 3:03 am

    Voete sonder skoene

    Is 'n boom se wortels die boom se voete?

    Dit is waaraan ek vanoggend gedink het toe jy kaalvoet in die voordeur staan. 'n Boom wat gedwing is om te vinnig te groei. Trots en reikend na die hoogste hoog, sonder om die swakhede van "te vinnig, te veel" in die takke raak te sien.

    "Kry jou voete nie koud nie?"

    "Baie, ja"

    "Daar is nog van jou klere in die spaarkamer se kas...gaan kry vir jou kouse"

    "Mag ek vir 'n rukkie hier slaap?"

    "Jy mag ja. Gaan stort solank, ek sal die bed regkry in die spaarkamer"

    "Ek sukkel om te slaap. Wanneer ek my oë toemaak sien ek hom hang"

    "Ek los vir jou 'n glas water met 'n pil vir slaap, langs die bed. Dit sal beter word...met tyd"

    "Dankie"

    In jou wegstap is 'n nuwe kromming....ongehoord by 'n boom wat nog te veel groei het om te doen.



    Elmi©

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 11:49 am