die dag
is ʼn reeks
voorafbepaalde klanke en bewegings
dis al
“môre,
hoe gaan dit? goed, self?”
en druk die hysbak se knoppie
dis al
party se mag groei
ander s’n krimp
papiere en gerugte
“tot môre” en druk die hysbak se knoppie
dis al
gemikrogolfde molekules:
aandete -
energie en chemie
smaakkliere ontleed, versend
my binêre brein interpreteer dit
dis al
dan tandeborsel
uittrek
slaap
sonder
jou
dis
al
©Torm 2010