FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets ) Empty Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets )

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 3:36 pm

    Poetry ken nie seisoene nie
    en poets is nie pampoene nie
    en ons skryf nie net
    oor visioene nie,
    maar ook oor gevoel
    en oor liefde

    ( is daar n verskil ? ) .

    Poetry ken nie seisoene nie
    en poets is nie pampoene nie
    en ons is nie almal dromers nie

    ( net meestal ! ) .

    En gisternag had ek ñ nagmerrie
    en word wakker
    in ñ wêreld sonder poets
    ñ wêreld sonder musikante .

    Geen
    Koos du Plessis of Koos Kombuis nie .

    Geen
    Shakespeare of Freddie Mercury nie .

    Geen
    Maritz van den Berg of Totius nie .

    Geen
    JC Van of Anton Goosen nie .

    Geen
    REM of Bruce Springsteen nie .

    Geen
    Steve Hofmeyr of CJ Langenhoven nie -

    net
    The sound of silence .

    En by Up The Creek *
    in die hoekie alleen
    sit Jesus ( in stilte )
    en ek join hom :

    “ Jesus ” vra ek hom
    “ waar is die poets
    en waar is die musikante ? ,
    die wêreld is so
    stil en leeg . ”

    En Jesus sê
    “ Poetry ken nie seisoene nie
    en poets is nie pampoene nie
    en Ek ook nie . ”

    En toe word ek wakker
    natgesweet in stilte
    en dis Dinsdagoggend
    en vanaand is dit Poetry aand
    by Up the Creek

    en sit ek die radio aan
    en luister na Sound of silence * ²
    en ek weet :

    Poetry ken nie seisoene nie
    en poets is nie pampoene nie
    en Jesus ook nie


    ( 30/05/2000 19h15 )

    * Up The Creek =1 van die 1ste Poetry Venues in Pretoria rondom
    1995/1996


    *² Die liedjie van Simon & Garfunkel




    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets ) Empty Re: Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets )

    Post by Camsica Wed 21 Dec 2011, 12:53 am

    Ag ek lief die enetje sommer hope!!!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets ) Empty Re: Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets )

    Post by Rudi Coetzer Wed 21 Dec 2011, 1:03 am

    Very Happy
    ag dankie Baby....
    11 jaar terug al geskryf.
    kan nie n wereld sonder musiek en gedigte enso imagine nie.....
    iets om voor dankbaar te wees.

    Sponsored content


    Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets ) Empty Re: Sound of silence ( ñ wêreld sonder poets )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 09 May 2024, 10:21 am