Snoesig nestel ek
styf teen jou aan
opwindende tinteling
wat deur my gaan
teen jou bors,
in liefde om-arm
lyf aan lyf, knus
geborge en warm
straal jou oë
gloeiend, lokkend...
lippe só naby
asemsnakkend
intens ons innige
liefdesaanraking
sensasiewekkende
intieme ontwaking
spontane oorgawe
as harte verenig
mekaar sal liefhê
vir altyd en ewig
en as nagliggies
dofweg flonker
in die lewe
se donker
tussen laken
en laken
is jy my lig
is jy my baken
koester my
nes jy verstaan
laat hierdie oomblik
nooit verbygaan.
2011/11/12 Joan Lotz
styf teen jou aan
opwindende tinteling
wat deur my gaan
teen jou bors,
in liefde om-arm
lyf aan lyf, knus
geborge en warm
straal jou oë
gloeiend, lokkend...
lippe só naby
asemsnakkend
intens ons innige
liefdesaanraking
sensasiewekkende
intieme ontwaking
spontane oorgawe
as harte verenig
mekaar sal liefhê
vir altyd en ewig
en as nagliggies
dofweg flonker
in die lewe
se donker
tussen laken
en laken
is jy my lig
is jy my baken
koester my
nes jy verstaan
laat hierdie oomblik
nooit verbygaan.
2011/11/12 Joan Lotz