FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging)

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging) Empty Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging)

    Post by Claira Summers Sun 13 Nov 2011, 4:47 am

    Flenter-foto's
    skerf
    deur my gedagtes
    kerf
    ou scars weer
    oop
    soos bloed teen my
    aflo
    op
    wonde rou en seer
    in my kokon
    van waansin
    sit ek weer
    in donker hoekies
    van myself
    flenter-foto's
    skerf
    dit delf
    wie is die mense
    wat so om my swerf
    die gesigte
    van bekendes sterf
    ek kan hul nie
    onthou
    soos die oe
    voor my ontvou
    daar is rook-glas
    agter my lense
    verlore groet
    van al my wense
    die pylvak
    wat ek nou aanpak
    is die laaste skof
    n geskeurde bladsy
    van geloof op rof
    my lewe van my
    beroof
    Alzheimers
    Dimensia
    my gedagtes verdoof
    na die kiekies
    staar ek onverpoos
    n lee mens
    vergewing my
    laaste wens

    (vir Mamma)


    Last edited by Claira Summers on Sun 13 Nov 2011, 5:00 am; edited 1 time in total
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging) Empty Re: Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging)

    Post by S.J. du Plessis Sun 13 Nov 2011, 4:52 am

    .


    Last edited by S.J. du Plessis on Mon 22 Oct 2012, 4:20 am; edited 1 time in total
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging) Empty Re: Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging)

    Post by Claira Summers Sun 13 Nov 2011, 4:56 am

    Dit is ja, nie lekker as jou mamma jou nie meer ken al probeer sy hoe hard. My gryse moeder is nog nie heeltemal op daardie vlak van die siekte nie, maar dit is moontlik en nie meer ver dat dit wel gaan wees hoe dit sal gebeur. Ek dink vanaand baie aan haar en hoe swaar dit vir hulle moet wees. Dankie SJ, waardeur jou lees en begrip.

    Sponsored content


    Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging) Empty Re: Flenter Fotos (2) (Rudi se uitdaging)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 12:03 pm