FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Wind-af

    Sekelmaantjie
    Sekelmaantjie


    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 24

    Wind-af  Empty Wind-af

    Post by Sekelmaantjie Mon 28 Nov 2011, 12:25 pm



    Bloekoms leun wind-af teen groen heuwels
    Aronskelke groei hoog en strek uit na die hitte van die son.

    Skape wei naby skuins-af bome aan soet groen gras
    en windturbines waai naby aan,

    Van jare se wind se waai
    lê die laning bome skuins in die rigting van die wind.

    Naby Darling by die windturbines
    is waar jy hierdie wind-af bome vind.

    So, gaan kyk gerus
    daar waar windturbines op die heuwels rus.

    (opgedra aan Oom Johan - SWERWER)


    © 2011 Janke Sauerman
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Wind-af  Empty Re: Wind-af

    Post by SWERWER Mon 28 Nov 2011, 2:43 pm

    Liewe Jankies,

    Hierdie is vir my kosbaar. Baie dankie dat jy hierdie pragtige vers vir my geskryf het. Ek het die 4 meule langs die pad gesien met die bome wat na soveel jare se beur geleidelik gaan le. Skryf meer ounooi ek weet dat jy eendag baie bekend gaan wees as n groot skrywer en digter.

    Oom Johan
    avatar
    Barend Steenkamp


    Location | Ligging : Bloemfontein
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 24
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-02
    Age | Ouderdom : 67

    Wind-af  Empty Re: Wind-af

    Post by Barend Steenkamp Tue 29 Nov 2011, 3:02 am

    Ek is gek oor jou gedig.Dit is puik! Ek wil die laaste twee strofes uitsonder, ek lieg net so bietjie, wil sommer die hele gedig uitsonder.

    Sponsored content


    Wind-af  Empty Re: Wind-af

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 3:03 am