FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Vrae in die Wind

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Vrae in die Wind Empty Vrae in die Wind

    Post by hanlie Leach Thu 15 Sep 2011, 1:51 am

    Wat word van vrae in die wind
    sal hulle die regte rigting vind
    waai hulle suid of gaan hul noord
    vind hulle rus waar hul hoort

    in harte wat antwoorde wil weet
    hulle glo hulle word nooit vergeet
    dan kom tog maar net weer die seer
    van teleurstelling keer op keer

    wat soos 'n twee snydende swaard sny
    soekende sal hulle nooit die waarheid kry
    leuens word sonder gedagte oor vertel
    dit is die realiteit van die lewende hel

    wat kan brand en harte kan verskroei
    mens lewenslank aan onthou kan vasboei
    lewensvreugde uit kykers kan steel
    net altyd die verkeerde hand uit deel

    vrae in die wind saai ghaos in harte
    oral tussen hulle lê skerwe en smarte
    wat harte en drome stukkend sny
    is daar dalk vrede en geluk tussenin te kry?

    as die wind en storm eindelik rus kry
    jy ophou om teen die vrae en seer te stry
    sal daar weer vrede en rus in jou hart kom
    dan raak die alewige vrae soos die wind stom
    avatar
    Guest
    Guest


    Vrae in die Wind Empty Re: Vrae in die Wind

    Post by Guest Thu 15 Sep 2011, 2:22 am

    pragtige werk hanlie
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Vrae in die Wind Empty Re: Vrae in die Wind

    Post by AmmieMoon Thu 15 Sep 2011, 2:33 am

    lief jy slotstrofe !..besonderse inweef van wind met lewens vraagstukke ! pragtig! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Vrae in die Wind Empty Re: Vrae in die Wind

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:19 am