FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 15 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 15 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 15 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 29 Nov 2011, 11:40 am

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my en jou se bedlampie
    is ñ kers wat deurnag brand
    selfs al is ons al in droomland
    waar sterre soos kersboomliggies
    knipper-oog oor jou en my waak
    en die geelgoud-glimlag
    van die boogmaan
    my en jou se bruis van lewe
    en jou en my se behoefte
    aan aanvaarding en liefde verstaan .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    in droomland waar daar
    vir my en vir jou
    drome van ons is
    wat nog tot rypheid gaan kom

    en elke nag
    knipper-oog sterre
    en ñ beskermengel is
    wat oor ons waak .


    ( 13/05/2011 20h11 )

      Current date/time is Mon 06 May 2024, 8:03 pm