FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    As ek jou maar net in die hande kon kry, oftewel onteiening

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    As ek jou maar net in die hande kon kry, oftewel onteiening Empty As ek jou maar net in die hande kon kry, oftewel onteiening

    Post by Torm Thu 08 Dec 2011, 11:11 pm


    As ek jou in die hande kan kry
    maak ek
    ʼn nuwe klein afdakkie vir my:
    jou derms ryg ek
    lewendig uit
    en sout en droog dit
    en vleg stink toue vir my
    jou vel slag ek af en rek dit
    op ʼn martelbank uit
    (maar dit moet gesteriliseer word)
    span dit voor die son
    so dik is dit
    plant ligsku plante onder dit
    die skedel kan deug
    as hondekos bak
    so hol is dit
    as ek dit lewendig oopkerf
    met ʼn stomp mes
    weggesteek op my erf
    (let wel dit is myne).

    Maar die hart
    die donker hart
    daarvan maak ek
    ʼn donkerkamer
    oopgevlerk en gerek
    met geen gewete bevlek
    voor die venster geryg
    sal selfs die son tong-af moet swyg
    geen flentertjie lig sal ontsnap nie
    selfs al ontwikkel ek
    eerstehands
    foto’s van die vlamme van die hel!


    © Torm 2011

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:51 am