FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 23 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 23 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 23 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 09 Dec 2011, 3:46 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil
    uit die beker van jou vrouwees drink
    want jy
    is die een waaraan ek elke sekonde dink

    ek wil
    vrede en vreugde saam met jou ervaar
    geluk en liefde met jou deel
    want ek en jy hoort net bymekaar .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    saam met jou wil ek
    piekniek op die maan hou
    bedags in ons sprokieswoud verdwaal
    en snags in kammaland rondwaal

    wil ek
    soms net stil wees en vir jou kyk
    soms net vir jou luister
    en hoor hoe jy binne lyk .

    Ander kere Baby , my bekkie bokkie-blom
    wil ek
    net rondomtalie op jou lag
    jou bel
    en vra hoe was jou dag

    jou sommer net iets silly sms
    of vir jou ñ hot boodskap stuur
    sommer net ñ blommetjie mms
    of jou vertel hoe jy in my vuur .

    Ag Baby , my bekkie bokkie-blom
    dit is so lekker
    om jou hand vas te hou
    sag oor jou vingers te kan streel
    om sommer net jou skouers te masseer
    met jou karakoellammetjie-sag hare te speel

    dit is so lekker
    om jou sommer net op jou voorkop
    oë of wange te soen
    vir jou gediggies te skryf
    oor hoe jy dit vir my doen
    jou te laat voel hoe warm my hart vir jou klop .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    sommer om alles kortliks op te som :

    ek lief elke oomblik om jou te ken
    ek lief jou elke virtuele soen
    ek lief ons elke oomblik saam
    ek lief om dingetjies vir jou te doen

    ek lief ons magic carpet rides
    ek lief die plekkies waar ons mekaar kry
    ek lief ons laf
    ek lief ons lief

    ek lief ons speels
    ek lief ons tong in die kies
    en lief ons vrymoedigheid
    ek lief ons ernstigheid .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek lief om jou te lief
    jy het my hart
    sommer net gedief .


    ( 12/07/2011 20h52 )


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:40 am