FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 45 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 45 )   Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 45 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 07 Feb 2012, 12:33 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy het jou
    geboortepakkie aan
    en die leepoog-maan
    loer vir ons deur die skrefies-gordyn .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    tussen elke dag se mal
    en elke dag se werksverpligtinge
    is die lyn so bitter dof en fyn
    en kan alles ongemaklik
    maklik uitmekaar uit val
    as twee mense nie tyd maak vir liefdesdinge
    as twee mense nie ñ oomblik
    pause en tyd inpas vir mekaar .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy is vir my kosbaar
    ons liefde so beautiful so belangrik

    elke dag se vreugde en vrede
    maak my wildste drome waar

    en come hell or high water
    vir hierdie mooi van ons van die hede
    gaan ek elke dag voor werk vir baklei
    my alles gee , want wat is beter
    as hierdie liefde wat ek en jy
    vir mekaar het
    en met mekaar deel ?


    ( 23/01/2012 16h47 )
    Attachments
    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 45 )   AttachmentBaby 45 foto..jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (299 Kb) Downloaded 2 times

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 7:51 am