FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kleine Dogtertjie

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Kleine Dogtertjie Empty Kleine Dogtertjie

    Post by Louisa van Vliet Mon 19 Dec 2011, 7:04 pm

    My eie klein wipneus dogtertjie,
    Hoe lank het ek nie gedroom van my eie klein bondeltjie.
    V innig, vinnig het jy die tekens begin gee vir jou aankoms
    Wit hospital mure vlieg by my verby oppad na uitkoms.

    Maar voor alles in gereedheid gebring is vir jou,
    Was die klein liggaampie in komberse toegevou.
    Kleine dogtertjie in arms van Moeder gevang,
    Trane van blydskap biggel oor haar wang.

    Tien klein vingertjies, tien klein toontjies,
    Donker haartjies op die kroontjie.
    Groot was die verrassing met jou eerste huil,
    Waar sou ons ooit kon droom dat ons jou verruil.

    Snoesig warm in bedjie gele,
    Te opgewonde om jou te he.
    Aan ons Vader die dank en eer.
    Vir dogtertjie klein en teer.


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 12:47 pm