FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Kleine Kindjie Sag...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Kleine Kindjie Sag... Empty Kleine Kindjie Sag...

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 6:33 pm

    ek wil diep in verwarde ogies kyk
    sien als wat seer en bang maak
    jou angs bevange hartjie aanraak
    ‘n bestaan van letsels en pyn genees

    ek wil jou sagkens in my arms toevou
    styf teen my warm bors vas hou
    sodat jy kan voel hoe klop my hart
    …liefde is nie net ‘n sprokies verhaal

    ek wil vir jou ‘n lullaby sing
    sodat jy saggies na droomland kan vaar
    soos dit moet wees, sonder vrees
    vir hom wat jou besoek in die nag

    ek wil vir jou ‘n safe haven skep
    waar houe nie verder op jou sal reën
    waar jy, kleine kindjie sag, gelukkig kan speel
    waar eens kamma-kamma land werklik bestaan

    04-08-2011
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Kleine Kindjie Sag... Empty Re: Kleine Kindjie Sag...

    Post by AmmieMoon Fri 16 Sep 2011, 12:50 pm

    Nou slaan ek my hande hande saam.....Vier kinder-verse op een webwerf vanmore, wat 'n besondersheid ! Hierdie is met soveel deernis en liefde gepen.....baie baie goed ! Like a Star @ heaven
    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Kleine Kindjie Sag... Empty Re: Kleine Kindjie Sag...

    Post by Isabel Q Fri 16 Sep 2011, 1:05 pm

    Baie dankie Ammie, ek waardeer jou kommentaar opreg! Ek is vreeslik lief vir kinders en diere en as ek sien hoe hulle verontreg word - dit ruk my hart in stukke - wil daardie kindjie net styf vas hou en laat voel dit is "OK!" om kind te wees...

    Sponsored content


    Kleine Kindjie Sag... Empty Re: Kleine Kindjie Sag...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 4:36 pm