FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sommer net om jou op te beur

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sommer net om jou op te beur Empty Sommer net om jou op te beur

    Post by Rudi Coetzer Wed 21 Dec 2011, 2:19 pm

    Soms is
    “ ek dink aan jou ”
    nie genoeg nie

    soms is
    “ mag jou dag vol vreugde wees ”
    nie genoeg nie

    soms is
    “ hier is ñ drukkie vir jou ”
    nie genoeg nie

    soms is
    “ jy laat my hart warm klop ”
    nie genoeg nie

    soms is
    “ ek is mal oor jou ”
    nie genoeg nie

    soms is
    “ alles kaan okay wees ”
    nie goed genoeg nie .

    Dit is dan tyd
    om dieper te delf
    om met ietsie
    beters vorendag te kom

    sommer net om jou op te beur .

    So nou voer ek
    jou weg
    na ñ katoenland
    wat strek
    so ver as wat jou
    oog kan sien .

    Ons kan genoeg katoen
    bymekaar maak
    vir ñ groot hoop
    dan snoesigstyf teen mekaar lê

    en bakkend filosofeer in die son .

    Ons kan katoen pluk
    dit in die lug ingooi
    soos sneeu
    en dit sag oor ons laat val

    terwyl ons soos kinders lag .

    Ons kan wegkruipertjie speel
    kamstig kundig gekamoefleer
    en giggel-stil
    styf teenmekaar lê

    en wag dat iemand ons kry .

    Ons kan hand aan hand
    huppel deur die land
    totdat ons uitasem
    in mekaar se arms val

    vol vrede en vreugde .

    Ons kan wag tot nag
    skouer teen skouer
    op ons katoenhoop sit
    en wens

    dat ñ ster verskiet .

    Miskien kan ons vanaand
    tussen die katoen
    langs ñ vuurtjie
    onder die reuse ou wildevyeboom sit

    en vir mekaar gedigte skryf .

    Of miskien kan ons vannag
    in die lig van die maan
    met die melkweg as ons plafon
    op ons sagte katoenbed lê
    en hande vashou

    en kan ek vir jou
    sê hoe diep ek vir jou omgee
    en kan ek vir jou
    sê hoeveel ek vir jou voel
    en dat alles okay gaan wees .

    Sommer net omdat dit die waarheid is .


    ( 08/03/2011 19h46 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 9:20 am