FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Net nog 'n Sondag ( in vryvloei sonnet-styl )

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Net  nog 'n Sondag  ( in vryvloei sonnet-styl ) Empty Net nog 'n Sondag ( in vryvloei sonnet-styl )

    Post by AmmieMoon Sun 11 Sep 2011, 1:05 pm

    nog 'n Sondag leeggeloop van son en vol geprop met sonde
    net 'n sewende rondte van 'n uitgeloopte week wanneer een
    miserabele dag op my deur se drumpel wag met 'n swart hond
    al kwylend neffens 'n welkom mat net 'n Sondag my skat met
    kwasjiorkor pyne en opgeblase pens 'n dag van wens en berou
    van seesterre in handpalms hou om te sondroog teen my vel van
    nog 'n week se dae tel tot jy weer skulp in my sewe-dae-week
    'n sewe-dae-week wat nou skamerig afsteek teen verlede tye
    saam met jou my skat saam met jou my skat toe Sondag nog 'n
    oorryp dag was vol sweet en seks was toe jou lyf teen myne ure
    kon smelt sonder om sonde te meld 'n dag vol son my skat wat ons
    kon vat en voel en strek tot Maandag my skat tot 'n naweek sleep
    in nimmereindigheid maar dit was toe my skat en nou is nou net 'n
    Sondag leeggeloop van son en vol geprop met rou onthou oor jou.


    © 2011 Almarie Truter
    (11/09/2011)
    avatar
    Guest
    Guest


    Net  nog 'n Sondag  ( in vryvloei sonnet-styl ) Empty Re: Net nog 'n Sondag ( in vryvloei sonnet-styl )

    Post by Guest Sun 11 Sep 2011, 2:48 pm

    jy verlaan my siel elke keer in hierdie styl van jou , maak my dom en onbeholpe voel!! die emosie hierin gaan ek nie eens probeer beskryf te eie aan my wese

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 6:36 am