so lank verborge
onderdruk
wat verterend smeul
knetter
terwyl die hart verhard
die emosie versmaai
word die eie ek in my
verstrengel
verwurg
verraai
die eerste asem van vryword
diep uit borskas geskeur
die herkenning van gedeelde pyn
die stryd teen waardes
kwyn
verdoffing van calvinistiese konvensies
vervaging in nuwe ervaring
waardering vir lewe
geskenk
gegee
geneem
jou oë 'n spieël vir my gedagtes
van emosie diep verborge
van passie geknel
in bande van hel
die stryd teen eie inbors
gewoonte van weerhouding
ingedonner van eerste tree af
ander s'n
hande af
jy mag nie vat nie
maak nie saak wat nie
dit is vir pis
al is jy hoe lus
dis lelik dis vuil
gevaarlik
vieslik
dierlik
die soetheid van
jou warm lyf
die skokke van jou vat
jou lippe smeulend
tergend
vuurstrepe oor my vel
nat spore van smagting
verlos in donker ure
bevry
my van die kettings
deur gewoonte vasgebind
gesweis deur meester welder
van selfweerhouding
miskenning
veragting
in die eerste soete orgasme
breek die kettings om my siel
spat in duisend stukkies elke
twyfel
wanhoop
skans
neem besit van my die passie
soveel jare diep begrawe
versmoor deur geen erkenning
verroes van ongebruik
styg uit bo die mure
om my gemessel in sement
gemeng met soveel ywer van
veragting
weerhouding
verwyt
die opgedamde frustrasie
breek die damwal oop
stortvloed van emosie van passie
storm deur die vallei
waar eens dit droog en dor was
oorspoel die banke
sleur mee alle inperkinge
vernietig elke hindernis
laat in sy wyk
vryheid
volheid
vreugde
ek staan verstom by die ontdekking
van 'n mede drenkeling
uitgewerp deur ruwe branders
op my eiland van ballingskap
byna verswelg
verdrink
lawe ons mekaar tot
eerste lewe terugvloei
bloed weer vry kan loop
dans ons siele in die sterre
weerkaatsend in jou oë elke
honger
gedagte
begeerte
ek verdrink my aan jou heuningpot
vereet my aan jou lippe
jou hande
mond
lei my op nuwe paaie
wys my nuwe panoramas
maak van my 'n hele mens
ongebonde aan konvensies
in absolute eerlikheid
deel ons in die heerlikheid
van uitbreek
afgooi
wegbreek
van kettings en bande
en knellende hande
van mure
en skanse
van kranse
en tronke
word ons een keer op keer
op wolke van verwondering
sweef ons bo die aardse bande
dra jou skreeuende verlossing
weergalmend teen die mure
uit die boodskap van ontdekking
van vryword en verligting
die herontdekking
van die eie ek
die oorgee aan my passie
die verlossing deur ontlading
die uitleef van emosie
ongebonde deur konvensie
die mekaar verstaan sonder
woorde
maning
verwyt
die gee en neem van mekaar sonder
terughou
wonder
spyt
laat als verdwyn
vervaag
tot al wat oorbly die wonder is
van vrede
van genot
van behaag
Last edited by Danie Stander on Thu 29 Sep 2011, 4:11 pm; edited 1 time in total