FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    My lewe ( 2 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 2 )   Empty My lewe ( 2 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 04 Oct 2011, 12:44 pm

    My stil-lewe
    skildery in angsvolle kleure
    wat pyn in swart
    en bloei
    in rooi
    en skreef in geel oë
    wat onheilspellend
    in die donker gloei .

    My stil-lewe
    skildery in ñ stil kreet
    wat pynvol stol
    om my lag-lose mond .


    ( 20/03/2009 16h17 )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    My lewe ( 2 )   Empty Re: My lewe ( 2 )

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 4:37 pm

    Jy slaag fantasties daarin om my te verwar! Question Jou konstante verwisseling tussen die hede en verlede bied mens 'n skoppelmaai rit vol onverwagse oomblikke. Was ek 'n vrou sou jy my bekoor het met jou onvoorspelbare en "onafpenbare" geaardheid. 'n Lewe vol pyn wat is en monsters wat in die nag bestaan - 'n abstrakte "afstand" aanbieding van die ek en is. (en in hakkies onderaan tot die verlede tyd behoort). Maar nie vergeet nie? Skitterende vers meneer.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 2 )   Empty Re: My lewe ( 2 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 04 Oct 2011, 4:52 pm

    dankie.
    (die verlede soos jy dit noem onderaan tussen hakkies,is die datum en tyd wat die gedig geskryf is..heheheh...ek sien nie die wisseling tussen die hede en die verlede nie?)
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    My lewe ( 2 )   Empty Re: My lewe ( 2 )

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 4:58 pm

    Dit is juis waarop ek sinspeel. Dat jy dit in die verlede gaan haal (datum en tyd) en in die hede aanbied as 'n "huidige" oomblik. Dit lees interessant wanneer mens 'n datum en tyd kan koppel aan 'n gedagte - die feit dat jy dit gaan haal en "nou" aanbied vertel sy eie storie soos jy tereg opmerk. Met die spesifieke wisseling verwys ek na jou "styl" om beide die argief en teenwoordige tyd aan te bied - verse uit die verlede afgewissel deur verse in die hede. As mens nou van dag na dag volg raak dit hier en daar verwarrend en verrassend. Nou en dan betrap jy mens onkant met 'n spesifieke vers wat breek van 'n "tyd-tendens" wat jy openbaar deur jou plasings. Lol - my eie beskeie opinie.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 2 )   Empty Re: My lewe ( 2 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 04 Oct 2011, 5:08 pm

    hehe..o ja..ek verstaan.....
    (gelukkig het ek datums by wanneer elke werk geskryf is....)>
    jong ekt amper 2000 gedigte....wat meestal reeds op woes is....ek moet dit hier ook kom opsit..intussen plaas ek die nuwes eers hier..en dan op woes...n hele mission...).
    giggel...so nou is dit nuwes en oues deurmekaar.....darem sal die datums help...hehehe

    Sponsored content


    My lewe ( 2 )   Empty Re: My lewe ( 2 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 5:52 pm