FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    My lewe ( 15 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 15 ) Empty My lewe ( 15 )

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 2:24 pm

    In liefde se boksgeveg
    is ek die washed-up journeyman
    met te veel rondtes
    onder my belt

    punch-drunk .

    Kanonvoer
    vir jong upcoming
    Casanova’s
    Don Juan’s
    en Toyboy’s

    met six packs
    en Eye of the Tiger-oë
    wat nog ligvoets
    kan dans
    en in hulle eie
    leë beloftes glo -

    float like a butterfly
    sting like a bee .

    Ek het nie veel
    om te bied
    ek het nie veel
    om te gee

    veral in die early rounds
    waarin ek struggle
    om te oorleef .

    Maar as ek oorleef
    verby die halfpadmerk.
    ( wat ek selde doen )
    verby rondte vyf

    kry my aanslag
    meer en meer
    meaning om die lyf
    en begin ek beyond
    my eie enige hoop
    glo ek het dalk ñ shot
    om nog eenkeer
    liefde te oorwin

    float like a butterfly
    sting like a bee .

    Dit is dan in hierdie
    Championship-rounds
    wat ek stick
    jab en koets

    hunkering
    na wat kon
    en wat kan wees
    my dryf
    en ek
    pull out
    elke stop

    float like a butterfly
    sting like a bee .

    Ding is soms om alles te gee
    om te oorywerig te wees
    om dit te veel te wil hê
    smokkel met my kop

    bewerkstellig my eie downfall

    en is die uiteinde
    net nog ñ fok-op .

    Dan soos altyd
    voor ek my kan kry
    is dit weereens ek
    wat voor die final round
    knocked-out
    op die canvas lê

    met nog ñ onbesonne oomblik
    agter my.


    ( 17/01/2011 21h56 )






    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    My lewe ( 15 ) Empty Re: My lewe ( 15 )

    Post by SWERWER Mon 24 Oct 2011, 8:34 pm

    Rudi,

    Jou gebruik van Engelse woorde was eers vir my baie steurend totdat ek die gedagte gekry het dat dit is hoe daar in die bokswereld gepraat word. Help my nou uit my elende en se vir my dat ek reg is want dan gaan ek die ding baie "like"

    As dit nie is nie dan moet jy vir my se dat ek my puristiese gevoelens oor Afrikaans (al is ek disleksies) vir eers eenkant toe moet skuif, verby die Engels kyk na wat jy met jou werk wil oorbring.

    Nie te min ek begin al hoe meer van jou werk lees en geniet dit baie.

    SWERWER
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 15 ) Empty Re: My lewe ( 15 )

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 11:45 pm

    smile..dink in die geval gaan dit meer oor boksterme...en woorde wat mense verstaan(betreffende boks..)..
    andersins meng ek mos maar soms my taal....
    hang maar af van werk tot werk.....
    (elke gedig/skrywe het mos maar n lewe van sy eie...)
    dankie..waardeer...
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    My lewe ( 15 ) Empty Re: My lewe ( 15 )

    Post by Claira Summers Tue 25 Oct 2011, 1:46 pm

    Dit was vir my puik gedoen (Rocky) Diep diep vers. Die liefde kan ongetwyfeld met n boksgeveg vergelyk word. Sou wou sien dat jy n world championchip wen - eenkeer. Mens kan nie sonder dit (wanneer dit diep en sukselsvol is) terug kyk en se "I won" nie. Dis DEVINE om dit innig te smaak. Well done Rudi. cheers
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lewe ( 15 ) Empty Re: My lewe ( 15 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 25 Oct 2011, 5:45 pm

    Claira,baie dankie vir jou kommentaar.....en die bydrae tot My lewe...waardeer dit.
    (ek dink daai elusive titel is nou binne my bereik......and I'm gonna hang on to it for dear life...)

    Sponsored content


    My lewe ( 15 ) Empty Re: My lewe ( 15 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 9:12 am